Aanvanklik het ek die blog begin om oor my Gys Niemand-boeke te gesels terwyl ek besig was om aan die reeks te skryf.
Lees gerus ouer inskrywing waarin ek skinder oor die karakters en agtergrond gee oor hulle doen en late. Ek het ook van die skryfproses vertel en die vordering wat ek maak, en geklets oor funksies en geleenthede wat ek bygewoon het.
Noudat die Gys-reeks voltooi is, sal ek julle op hoogte hou van nuwe verwikkelinge, maar steeds ook oor dinge rondom die Gys-reeks.
Intussen word die Davel-reeks ook herdruk en ek laat weet wanneer verskyn wat.
Hou ook die blog dop vir uitnodigings na bekendstellings en ander geleenthede.
En gesels gerus saam! Dis heerlik om terugvoer te kry.

















Onlangse Kommentaar