Archive for Mei, 2010

29
May
10

Waar de hel is Niemandsdorp?

Een of ander skrywer het gesê toe hy ʼn seuntjie was het mense hom ʼn klein liegbek genoem, noudat hy man is, noem hulle hom  ʼn skrywer.

Die van julle wat die Davel-reeks gelees het, sal dalk onthou dat veral Joshua Davel baie erg gesteld is op eerlikheid en die Davel-meisiekinders deeglik op hulle baadjie gee as hulle die waarheid durf verdraai. Hy het daardie karaktertrek van my gekry. Ek verstaan dat ordentlikheid en sosiale omstandighede mens soms noop om die waarheid skuins te hou, maar ek hou nie daarvan nie.  Eerlikheid, opregtheid en integriteit staan heel eerste op my lys van lewenswaardes.

Maar as ek voor die rekenaar gaan sit, begin ek lieg. Lees aan ‘Waar de hel is Niemandsdorp?’

25
May
10

Oor ‘regte’ boeke

Soms spring daar iets in ʼn storie uit wat meer van mens self verklap as wat mens graag sou wou.  Verstaan my mooi, ek en Lily Reynecke van Springgety het weinig in gemeen – allermins  haar sexy lyf en naeltjie-ring – maar een ding is daar wel. Lees aan ‘Oor ‘regte’ boeke’

21
May
10

Hou jy van reekse?

My spanningsromans was nooit veronderstel om ʼn reeks te word nie. Ek het Springgety geskryf as ʼn boek op sy eie. Soos ek voorheen genoem het, het Gys dit egter in sy kop gekry dat hy in Fortuin ook ʼn eier kan lê.  Dis eers daarna dat ek besef het hier is ʼn reeks in wording.  En dit terwyl ek dit wou vermy na die Davel-reeks.

Ek het baie lekker geskryf aan die Daveltjies, maar om ʼn reeks te skryf het sy voordele en sy nadele.  Lees aan ‘Hou jy van reekse?’

18
May
10

Crime Beat Onderhoude

 Sedert verlede jaar is ek bevoorreg genoeg om die Afrikaanse afdeling van Crime Beat te behartig.  Crime Beat se doel is om blootstelling aan SA misdaadfiksie  te gee en dit te bevorder. Hieronder is skakels na die onderhoude wat ek gevoer het met die room van ons Afrikaanse misdaadskrywers.  Gaan loer gerus. Lees aan ‘Crime Beat Onderhoude’

17
May
10

Lenteskryfskool

ATKV-Skryfskool

LENTESKOOL VIR LIEFDESVERHAALSKRYWERS Lees aan ‘Lenteskryfskool’

16
May
10

30 Junie Boek & Koek

Uitnodiging na ‘n Boek & Koek by Graffiti

Lees aan ’30 Junie Boek & Koek’

15
May
10

Kruispaaie en skryf

Lesers vra my dikwels wanneer ek besef het ek wil stories skryf.  Ek het eers op relatiewe laat ouderdom in alle erns begin skryf, maar soos meeste skrywers was die drang daar vandat ek kan onthou.  Ek het nou nog… Lees aan ‘Kruispaaie en skryf’

14
May
10

Beloftes van bliksemstrale

My heel eerste romanse het in 1996 verskyn.  Toe ek daardie boekie in my hande gehou het, het iets wonderliks met my gebeur. Ek het besef ek is nou regtig ‘n skrywer.  Dit het my ook benoud gemaak. In ‘n skets vir die Sarie het ek die botsende gevoelens probeer verwoord en toe sommer ook ‘n geheim uitgelap: ek kon mos nooit ‘n ou op skool kry nie… Lees aan ‘Beloftes van bliksemstrale’

11
May
10

Waar kom stories (en Gys Niemand) vandaan?

 ʼn Onmoontlike, selfs skrikwekkende vraag wat gereeld aan skrywers gevra word, is: waar kom jou stories vandaan?

Daar is baie maniere om die vraag te beantwoord, maar daar is net een antwoord wat die waarheid is.  Lees aan ‘Waar kom stories (en Gys Niemand) vandaan?’

10
May
10

Van liefde na moord

Lesers vra dikwels waarom ek oorgeslaan het van romanses na spanningsverhale. Party van my aanhangers mis my romanses, ander is weer bly ek het die spanningsgenre aangedurf. Sommige lesers laat weet hulle is nie romanse-lesers nie, maar geniet die Gys-boeke terdeë. Ek gee ‘n bietjie agtergrond, ook oor die soort spanningsroman wat ek nou skryf en hoe dit verskil van ander misdaadfiksie. Ek hoor graag wat jy dink.  Lees aan ‘Van liefde na moord’




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 51 other followers

 

Mei 2010
M T W T F S S
    Jun »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 51 other followers