Archive for Junie, 2010

28
Jun
10

Noorde toe

Ek is op pad Noorde toe vir ‘n Romanse Skrywersindaba en die Boek & Koek by Graffiti. Vergewe dus as julle kommentaar nie hierdie week gemodereer word nie. Ek gesels weer volgende week. Vir die van julle wat die Boek & Koek bywoon, kom sê gerus hallo.

27
Jun
10

Nuusbriefie

Wil jy op hoogte gehou word van nuwe verwikkelinge rondom my boeke, bekendstellings en dies meer? Kliek hier om vir my ʼn e-pos te stuur dan plaas ek jou op die adreslys van die nuusbriefie wat ek so ongeveer een keer per maand uitstuur. Jy kan enige tyd weer vra om van die lys afgehaal te word.

Soos julle kan sien, het ek nou ook ‘subscription’ widget hier langsaan geplaas, dus kan jy nou op datum gehou word met die nuwe onderwerpe wat op die blog verskyn.

21
Jun
10

Moorde en Meerminne

Of dit nou die watermeid van Meiringskloof is,  ʼn seal maiden van Skotland, die Corniese morveren, Anderson se Little Mermaid, of Atargatis van antieke Sirië; die verhale van visvroue oor die eeue heen boei my vandat ek kan onthou. Lees aan ‘Moorde en Meerminne’

11
Jun
10

Hoe lyk Gys se Packard?

Bestaan daar regtig so ‘n duur Packard soos Gys s’n en hoe lyk hy? was ‘n  interessante kwessie wat ‘n leser onlangs opgehaal het. Lees aan ‘Hoe lyk Gys se Packard?’

05
Jun
10

‘n Moordende genre

Wat is die grootste uitdaging wat die spanningsgenre vir ‘n skrywer inhou? 

Sophia Kapp het hierdie vraag ʼn hele rukkie terug aan my gestel en intussen het ons al lekker gesels oor hoe die uitdagings van die romantiese spanningsroman, en die liefdesroman wat sy so meesterlik skryf, verskil en ooreenkom.

Oor hierdie verskille en ooreenkomste kan ek dalk later ʼn stukkie skryf, maar glo my, die een is nie makliker om te skryf as die ander nie. Elkeen het sy trieks en sy trane.  Vandag het ek dit oor die trieks en trane van my Gys-boeke. Lees aan ‘‘n Moordende genre’




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 51 other followers

 

Junie 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 51 other followers