RSVP asseblief by elzebet@lapa.co.za of 012 914 0481
Archive for Oktober, 2010
amptelike uitnodiging
Tyd:
10:00
Plek:
Lapa se Kaapse kantoor
Cascades 1, Winkel 1, Tyger Waterfront, Carl Cronjé-rylaan, Bellville
Gratis toegang
Koffie, tee en verversings
RSVP asseblief betyds: Mariëtte Wienekus by mariettew@lapa.co.za
Bubble en squeak
Toe ek die artikel oor my pophuisie in vandag se Rapport lees, onthou ek ook weer van ‘n Agterstoep-bydrae wat ek in 2005 vir Rooirose geskryf het.
Ek deel dit graag met julle:
20-10-2010
My verjaardag het hierdie jaar op ʼn baie spesiale datum geval. Van die begin van die jaar af het ek so dan en wan gewonder hoe ek regtig ʼn spesiale dag daarvan kan maak. Ek het ʼn partytjie met ʼn tema oorweeg, ʼn ete saam met vriende en ʼn paar ander opsies ook. Maar die dag het op ʼn Woensdag geval en uiteindelik het ek besef ek sal nie vriende van heinde en verre in die middel van die week hier in Stanford kan kry nie.
Ek en Blom besluit toe om die dag ons eie te maak. En dit was die beste besluit wat ons kón geneem het. Lees aan ’20-10-2010′
Storie gesoek, meermin betrap
Êrens op ʼn rots sit ʼn meermin wat moeg geraak het vir wit pêrels. Toe kom sy agter tyd is blou. Van toe af steel sy elke uur op die uur 1 sekonde en bêre dit in ʼn perlemoenskulp. Elke 150 dae haal sy ʼn helderblou uur-pêrel uit sy skulp. Elke twee jaar oes sy dus vyf uur-pêrels. Hierdie pêrels snoer sy en dra dit om haar nek en in haar hare. Sy het stringe en stringe daarvan.
En dis hoekom ons dink tyd gaan vinniger verby as in die ou dae. Dis nie so nie, daar is net jaarliks minder sekondes in ʼn uur en dis die tyd-raper van ʼn meermin se skuld. As Einstein langer geleef en hom meer aan meerminne gesteur het, sou hy haar uitgevang het. Lees aan ‘Storie gesoek, meermin betrap’
Meetsnoer is hier!
Meetsnoer het op 5 Oktober geland (en weeg ʼn hele paar onse!).
Dit sal binnekort beskikbaar wees by boekwinkels en aanlynboekwinkels, maar is reeds verkrygbaar by Lapa. Om te koop, klik op hierdie skakel: Lapa – Meetsnoer


Onlangse Kommentaar