Jy kan na die potgooi van die gesprek wat Christelle Web-Joubert met my op rsg oor die Daveltjies gevoer het, luister by http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20120110_LEESKRING_Chanette_Paul.mp3
Archive for Januarie, 2012
Potgooi – Leeskring
Fleur – ʼn tweede afskeid
Ek onthou nog baie goed die dag toe ek die rekenaar se stuur-knoppie gedruk het en so vir Fleur die wye wêreld ingestuur het. Dit was einde September 2006. Ek was flou. Ek het die ses Daveltjies wat op Tamara gevolg het in elf maande klaargeskryf (hoe, weet ek nou nog nie) en tussen in nog manuskripontwikkeling en ʼn hele paar ander dinge ook gedoen.
Ek het by my venster uitgekyk, oor die prieel oortrek van pienk bougainvilleas, na die Kleinerivier wat onder my erf verbyvloei.
En in trane uitgebars. My laaste Daveltjies het ʼn man gevind wat haar waardig is en is vort na die land van vir-altyd-en-ewig-gelukkig. Dit het gevoel asof ek wees agtergelaat is. In daardie jaar het ek immers Daveltjies geëet, gedrink, geslaap, ge-alles. Hulle was my girls. Op ʼn manier my prosteses om enigiets van ʼn taalstryder tot ʼn argeoloog tot ʼn skilder te word.
In daardie stadium het twee dinge voorgelê: Lees aan ‘Fleur – ʼn tweede afskeid’
‘n Program oor skrywers en digters.
- DINSDAG 10 JANUARIE 2012
- 20:30-21:00
Christelle Webb-Joubert gesels met Chanette Paul oor haar boek TAMARA, wat deel is van die reeks oor die Davel-vroue.



Onlangse Kommentaar