‘n Program oor skrywers en digters.
- DINSDAG 10 JANUARIE 2012
- 20:30-21:00
Christelle Webb-Joubert gesels met Chanette Paul oor haar boek TAMARA, wat deel is van die reeks oor die Davel-vroue.
‘n Program oor skrywers en digters.
Christelle Webb-Joubert gesels met Chanette Paul oor haar boek TAMARA, wat deel is van die reeks oor die Davel-vroue.
Hi chanette! Die praaitjie wat rsg met jou gehad het was baie interresant en dit was lekker om jou te hoor gesels oor jou boeke. Jyt my sommer lus gemaak om die hele reeks weer te lees.
Groete
karen
Ag, dit was lekker om weer oor die Daveltjies te gesels. Die program is ‘n rukkie gelede opgeneem en nou kom Fleur al sowaar hierdie maand uit. Voel asof ek weer van hulle moet afskeid neem.
Baie dankie vir die interessante boeke met die ongelooflike karakters. Ek het die hele reeks van die Davelvroue saam ontvang en kon dit nie neersit nie. Saans het my oë skrefies getrek omdat ek nie wou slaap voordat ek nie weet wat met hierdie karakters gaan gebeur nie. Die verhale is so puik geskryf. Mens beleef weer die hartseer van die oorlog (Tamara), beleef die spanning saam met Willemien, leer van opgrawings(Deborah) en skilders(Isabelle), hoor die musiek (Annabella), ruik die lemoenbloeisels en laventel saam met Maryn en kry die geur van ‘n kelder wat lank toegestaan het saam met Fleur en Christiaan. Baie dankie. Franci.
Franci, ek is so bly jy het die Daveltjies geniet en iets uit elkeen geput. Dit doen ‘n skrywer se hart sooo goed om te hoor!
Toe Lapa besluit het om die reeks te herdruk, het ek behoorlik my hart vasgehou, maar lesers soos jy het die waagkans absoluut die moeite werd gemaak.