Ek onthou nog baie goed die dag toe ek die rekenaar se stuur-knoppie gedruk het en so vir Fleur die wye wêreld ingestuur het. Dit was einde September 2006. Ek was flou. Ek het die ses Daveltjies wat op Tamara gevolg het in elf maande klaargeskryf (hoe, weet ek nou nog nie) en tussen in nog manuskripontwikkeling en ʼn hele paar ander dinge ook gedoen.
Ek het by my venster uitgekyk, oor die prieel oortrek van pienk bougainvilleas, na die Kleinerivier wat onder my erf verbyvloei.
En in trane uitgebars. My laaste Daveltjies het ʼn man gevind wat haar waardig is en is vort na die land van vir-altyd-en-ewig-gelukkig. Dit het gevoel asof ek wees agtergelaat is. In daardie jaar het ek immers Daveltjies geëet, gedrink, geslaap, ge-alles. Hulle was my girls. Op ʼn manier my prosteses om enigiets van ʼn taalstryder tot ʼn argeoloog tot ʼn skilder te word.
In daardie stadium het twee dinge voorgelê: Lees aan ‘Fleur – ʼn tweede afskeid’
Onlangse Kommentaar