Ek is lank, lank gelede in Johannesburg gebore en het vir die grootste deel van my lewe redelik geswerf.  Agt jaar gelede het ek ’n droomerf in ’n droomdorp gekoop en met die hulp van ’n paar bakkiebouers vir my ’n ietwat skewe droom pophuisie aan die oewer van die Kleinerivier gebou.  Hier op Stanford woeker ek met woorde, probeer sinne laat sing en leef my uit in stories.

Ek is katmal, ʼn onkundige maar ywerige tuinier, ʼn leesvraat en musiekliefhebber.  Ek is gek oor die rivierlewe – veral om handlanger te speel op die rivierboot wat Blom (die man in my lewe) bedryf. Dis ook vir my wonderlik om walvisse by nabygeleë kusdorpe soos Hermanus dop te hou en alikreukels te gaan uithaal by ʼn spesiale plek naby Gansbaai wat ek my meerminpoel noem.

As ek nie sou kon skryf nie, sou ek nie sin uit die lewe kon maak nie.

Besoek gerus my webwerf vir meer inligting oor my en my boeke by http://www.chanettepaul.co.za/.

Foto deur Annelize Mouton


0 Responses to “Oor Chanette”



  1. Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 51 other followers

 

Junie 2012
M T W T F S S
« May    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 51 other followers