Author Archive for Chanette Paul

09
May
12

ʼn Skelm loer: Deel 1 van die Maanschijnbaai-tweeluik

Jo & Sue sal in Julie op die rak wees.

Agterbladteks:

Maanschijnbaai – Jo en Sue

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ʼn ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ʼn verlede – met ʼn hoofletter V.

Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar.

As dit maar al was. Casper het egter Lees aan ‘ʼn Skelm loer: Deel 1 van die Maanschijnbaai-tweeluik’

31
Mar
12

Die lekkerste van skryf.

Daar is twee hoogtepunte in my lewe as skrywer. Wanneer ek aan ʼn nuwe storie begin skryf en wanneer ek daardie boek uiteindelik in my hande vashou – dit beruik en bekyk en bevoel, deurblaai en wonder hoe ek dit reggekry het.

Alles wat tussen hierdie twee hoogtepunte gebeur, is harde werk, ʼn geween en gekners van tande, tye van paniek en tye van desperaatheid. Al wat jou daar deur kry is deursettingsvermoë, geloof in jou storie en karakters, ‘n knerts magic en daardie wonderlike ding wat in Pandora se boksie agtergebly het: hoop.

Op die oomblik bevind ek my weer by die eerste hoogtepunt. Met die Maanschijnbaai-tweeluik wat nou feitlik in kanne en kruike is, staan ek aan die begin van ʼn nuwe avontuur wat uiteindelik, hopelik, ʼn boek gaan word.

Dis skrikwekkend, want Lees aan ‘Die lekkerste van skryf.’

09
Mar
12

2012 – Die jaar van die draak – Die eerste tien weke.

Die jaar skop af met ʼn stapeltjie manuskripte wat ek moet lees en oor verslag doen. Om my is almal aan die vakansie hou. My char wat twee oggende per week orde skep in my huis, het nog nie weer opgedaag nie. Die lekkerste somerweer in jare, gaan my verby terwyl ek vir twee weke solied agter die rekenaar sit en saans deur ʼn hoop strykwerk probeer ploeg. Maar aan alles (behalwe stryk- en skottelgoed) kom ʼn einde. Teen 14 Januarie is die manuskripte en hulle verslae afgehandel en is dit tyd om weer aandag aan my eie werk te gee.

My sperdatums is naderstormende lokomotief. Ek skryf aan die Maanschijnbaai-tweeluik wat gaan oor vier Calitz-vroue met woeste verledes, ʼn hoop probleme in die hede en baie uitdagings vir die toekoms. Hulle staan op Maanschijnbaai, waar hulle beland, ook bekend as die Calitz-slette. Lees aan ’2012 – Die jaar van die draak – Die eerste tien weke.’

02
Mar
12

2012 Woordfees – Waarom Misdaad?

Ek sien baie uit hierna.

Laat hoor gerus waarom jy van misdaadfiksie hou (of nie)!

12
Jan
12

Potgooi – Leeskring

Jy kan na die potgooi van die gesprek wat Christelle Web-Joubert met my op rsg oor die Daveltjies gevoer het, luister by http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20120110_LEESKRING_Chanette_Paul.mp3

11
Jan
12

Fleur – ʼn tweede afskeid

Ek onthou nog baie goed die dag toe ek die rekenaar se stuur-knoppie gedruk het en so vir Fleur die wye wêreld ingestuur het. Dit was einde September 2006. Ek was flou. Ek het die ses Daveltjies wat op Tamara gevolg het in elf maande klaargeskryf (hoe, weet ek nou nog nie) en tussen in nog manuskripontwikkeling en ʼn hele paar ander dinge ook gedoen.

Ek het by my venster uitgekyk, oor die prieel oortrek van pienk bougainvilleas, na die Kleinerivier wat onder my erf verbyvloei. En in trane uitgebars. My laaste Daveltjies het ʼn man gevind wat haar waardig is en is vort na die land van vir-altyd-en-ewig-gelukkig. Dit het gevoel asof ek wees agtergelaat is. In daardie jaar het ek immers Daveltjies geëet, gedrink, geslaap, ge-alles. Hulle was my girls. Op ʼn manier my prosteses om enigiets van ʼn taalstryder tot ʼn argeoloog tot ʼn skilder te word.

In daardie stadium het twee dinge voorgelê: Lees aan ‘Fleur – ʼn tweede afskeid’

06
Jan
12

Oor die Daveltjies en Gyse op rsg

 LEESKRING

‘n Program oor skrywers en digters.

  • DINSDAG 10 JANUARIE 2012
  • 20:30-21:00

Christelle Webb-Joubert gesels met Chanette Paul oor haar boek TAMARA, wat deel is van die reeks oor die Davel-vroue.

 http://www.rsg.co.za/Program/83/Leeskring

14
Dec
11

Gesprek op Radio Laeveld – 14 Desember

logo

Ek praat vanaand so net na nege met Annemarie van der Walt op Radio Laeveld se program Kaleidoskoop oor my boeke en dinge.

Volgens die webblad http://www.radiolaeveld.co.za/ kan mens meeluister.

Sien die opsies by : http://radiolaeveld.ndstream.net/

25
Nov
11

Ek en Rut in tuine van eerbied

 My laptop is soos Rut. Waar ek gaan, gaan sy saam. Soms vlug ons doelbewus hand aan hand om aan ʼn storie te gaan werk en vergeet vir ʼn rukkie van die res van die wêreld.

Dis op so ʼn vlugtog dat ek en Rut toe vir twee weke op McGregor by Temenos beland.  Van dagbesoeke af, het ek reeds geweet dis ʼn magiese plek. Om soggens deur die poue wakkergeroep te word, tussen die skrywery deur in die tuine te stap, saans by The Well te gaan sit en my weergawe van ʼn meditasie te pleeg, plaas alles egter in ʼn heel ander dimensie. 

Die Temenos tuine is ʼn spirituele belewenis. Daar word geen onderskeid tussen godsdienste gemaak nie. Van ʼn Hindo-tempeltjie tot ʼn vredeskruis, van ʼn Boeddha tot ʼn klipsirkel met rune-simboliek. Alles het sy plek en sy bestaansreg.  ʼn Engel vir verlore kinders, staan nie te ver van ʼn moskee in die kleine nie, die menora in ʼn nissie bo ʼn watertjie wat loop, is ʼn klipgooi van die kerkie met ʼn houtkruis in die venster.

Ek het nie net met my Rut se magie aansienlik voller terug gekom nie, maar ook met ʼn ryker gees, ʼn groter innerlike rustigheid.

En ʼn vraag: Lees aan ‘Ek en Rut in tuine van eerbied’

14
Nov
11

Isabelle: Opstêrs gravinnetjie nou op die rak

Dit was darem alte lekker om terug te kom van twee weke se skryf in afsondering en te sien my pakkie met outeurskopieë van Isabelle lê al en wag vir my.

Isabelle is nommer 5 in die die Davel-reeks en onder meer beskikbaar by:

Isabelle – Graffiti en Isabelle – Lapa

Lees meer by:

http://lapa.bookslive.co.za/blog/2011/11/11/isabelle-vyfde-boek-in-chanette-paul-se-reeks-oor-die-davel-vroue-heruitgegee/




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 51 other followers

 

Junie 2012
M T W T F S S
« May    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 51 other followers