Dis vir my ‘n groot lekkerte dat van my ouer romanses nou weer die lig sien nadat dit ‘n ruk lank uit druk uit was.
Onder Seespieël het pas by Lapa Uitgewers verskyn. My heel eerste romanse Maalstroom van ekstase en my derde een Leerskool van liefde is hierin vervat. Albei het skubaduik as tema.
Die boek sal binnekort oral aanlyn beskikbaar wees, maar jy kan dit solank hier bestel:
Hi Chanette, wat ‘n lekkerte om jou blog adres raak te lees by Anne-Marie. Wil dadelik subscribe vir verder skrywes. Doe zoo voort!
Lekker om van jou te hoor Antie Koekie n welkom hier by ons. Ek sit jou adres graag by my Nuusbrieflys. Ek het ook nou ‘n “Subscriptions” widget hier langsaan geplaas as jy wil inskryf op die blog.
Jou boeke het my weereens aangespoor om tog maar weer die pen op te neem, ontdanks al my vorige vrugtelose pogings! Bied jy nie ‘n skrywers kursus aan wat ek kan bywoon nie Chanette? Groete uit die Suid Kus
Hallo, Petra. Wonderlik om te hoor my boeke inspireer jou! Ek bied ongelukkig nie meer skryfkursusse aan nie omdat dit net te tydrowend is. Ek dink egter Jeanette Ferreira doen dit wel. Gaan kyk ook gerus by http://skrywerontwikkeling.wordpress.com/ vir goeie raad en ek dink ook hulle noem skryfkursusse daar. Sterkte en lekker skryf.
Hallo Chanette
Het jy vir ons enige nuus oor die Davel-reeks op die kindle.
Groete
Esme
Hallo Esme.
Dit behoort baie binnekort in e-formaat beskikbaar te wees by kalahari.net, maar nog nie by amazon nie. Ek verstaan egter laasgenoemde sal ook nog gebeur. Dieselfde geld die Gys Niemand-reeks. Mooi bly en lekker lees!