Hi, Chanette! Dit is nou exciting! Ek moet sê, ek sien vreeslik uit na Meetsnoer. Ek slyp al maande lank my tande daarvoor en sal definitief een van die eerstes wees wat dit koop. En jou omnibus hier bo, Onder Seespieel, het ek reeds by Graffitti Boeke bestel. Dit kom mos in Mei uit en ek kan nie wag nie. Jy is regtig vir my van groot waarde, veral omdat ek uit jou skryfstyl leer. Miskien eendag, wanneer ek groot is, sal ek ook sulke goeie boeke skryf. Daar moet egter nog baie water in die see loop voor die kan gebeur. Maar I’ll get there. Geluk met die blog! Jy sal sien, dit is nogal pret.
Hallo Anzel
Ek het Onder Seespieël nog nie in my hande gehad nie, maar ek verstaan dit het geland. Dis elke keer opwindend om ‘n nuwe boek vas te hou al is die stories nie meer so nuut nie. As ‘n mens weet jy is gebore vir skryf, sal dit wel gebeur. Geduld en deursettingsvermoë is uiteindelik ‘n skrywer se beste metgeselle. Ek was 16 toe ek my eerste tjekkie vir ‘n Siembamba-storie gekry het, maar het eers op 38 my eerste boek begin skryf. Vir iemand met jou entoesiasme, sal dit vroeër gebeur. Skryf gaan, soos die lewe, nie oor ‘n eindpunt nie, maar oor die reis daarheen. Geniet dit!
Hi, Chanette
Ek is nou so opgewonde, mens kan met my skilder! Ek het gister Onder Seespieël gekry… Yeah! En natuurlik het ek nog lekkerder nuus. Ek het jou Omnibus 2 (met n groot gesukkel) tweedehands opgespoor, en jou Omnibus 3 splinternuut gekoop. Die laaste kopie. Branders van liefde en Omnibus 4 het ek reeds… Dit is nogal moeilik om jou ouer boeke op te spoor, weet jy. Almal is uit druk uit. Dis hoekom ek nou so bly is ek het dit in die hande gekry. Dit voel soos krismis!
Jinne, Anzel, en hier het ek nog nie eens ‘n Onder Seespieël gesien nie! Ek hoop jy geniet dit. Ek kry baie klagtes van lesers oor boeke wat uit druk is, veral van versamelaars en veral oor die Davel-reeks. Hopelik sal daar nog Duette kom met van die ouer verhale.
Goeie dag, Canette.
Ek het so pas Dryfhout klaar gelees, en man was ek verras oor die moordenaar. Kan net vir jou ‘n 10 uit 10 gee. Net jammer ons sukkel so om die Davel-meisies in die hande te kry, maar ek glo jy sal daarvoor ook ‘n oplossing kry. Nogmaals baie dankie vir Gys en al sy dinge, het dit vreeslik geniet, en dit is definitief ‘n 2de en selfs 3de lees werd.
Groete hier uit ‘n baie baie koue Klerksdorp.
Welkom Malanie!
Dis heerlik om te hoor jy het die boek geniet! Die volpunte laat my hart sommer swel.
Die Daveltjies se herdrukke is darem nou op pad. Die nuwe Tamara behoort volgende week op die rakke te kom en is reeds beskikbaar by Lapa. Daarna volg die res, een per maand. Lekker lees!
Ek het gistermiddag laat n geskenkie van my tannie ontvang…wat niks anders as Dryfhout was nie en ek kan werklik waar nie wag om te begin lees hieraan nie. Dis sal ongelukkig moet wag tot die naweek, anders verander ek weer in n Zombie en alles wat leef en beef kan vergaan vir al wat ek omgee want ek lees te lekker . Dankie vir al jou wonderlike boeke Chanette!!
Wel, big surprise there, maar ek kon toe nie wag vir die naweek nie Ek het Dryfhout sopas klaar gelees en ek het regtig net een woord daarvoor : Awesome!
Chanette, ek hoop regtig van harte dat jy sommer gou weer ‘n spanningsverhaal sal aanpak…ek geniet die paar romanses wat ek al in die hande kon kry ook, maar die spanning saam met die romanse is net soveel beter, maar dis seker ook omdat daar soveel meeeeeer storie is.
Ek het net een vraag – jou karakters van die vorige Gys boeke wat in Dryfhout opgeduik het – het jy hulle aandeeltjies in Dryfhout beplan (spesifiek rakende Annie se roete) of het dit sommer net gebeur?
Hallo Lelani! Bly jy het Dryfhout geniet. Ek het nie die ander karakters se opduikery werklik beplan nie, maar ek het geweet daar sal karakters uit Springgety terugkeer omdat Kierangbaai net ‘n klipgooi ver van Kruisbaai af is. Die ander het gebeur omdat Aengel opsluit Annie se roete wou volg en na Annie-se-lot spesifiek wou gaan kyk. San het op haar eie besluit om by Gys te gaan kuier en Gertjie deur te kyk!
hi chanette, hoop dit gaan baie goed met jou! ek is verskriklik mal oor al jou boeke! ek is nou besig om die davel reeks te lees en is mal oor die boeke as ek begin lees dan kan ek nie die boek neer sit nie. waar kan ek nog van jou boeke kry?
Dis lekker om te hoor jy geniet die Daveltjies, Lize!
Kyk op die hoofblad onder Skakels vir skakels na my boeke by aanlyn boekwinkels.
Gewone boekwinkels soos CNA, Exclusive Books, Wordsworth e.d.m. hou hulle ook aan. As daar nie beskikbaar is nie, vra asb dat hulle bestel.
In die Pretoria omgewing het Graffiti altyd van my boeke. Daar is twee takke. Een in die Kollonade en een in Lynwood.
Lekker lees!
Hi, Chanette! Dit is nou exciting! Ek moet sê, ek sien vreeslik uit na Meetsnoer. Ek slyp al maande lank my tande daarvoor en sal definitief een van die eerstes wees wat dit koop. En jou omnibus hier bo, Onder Seespieel, het ek reeds by Graffitti Boeke bestel. Dit kom mos in Mei uit en ek kan nie wag nie. Jy is regtig vir my van groot waarde, veral omdat ek uit jou skryfstyl leer. Miskien eendag, wanneer ek groot is, sal ek ook sulke goeie boeke skryf. Daar moet egter nog baie water in die see loop voor die kan gebeur. Maar I’ll get there. Geluk met die blog! Jy sal sien, dit is nogal pret.
Hallo Anzel
Ek het Onder Seespieël nog nie in my hande gehad nie, maar ek verstaan dit het geland. Dis elke keer opwindend om ‘n nuwe boek vas te hou al is die stories nie meer so nuut nie. As ‘n mens weet jy is gebore vir skryf, sal dit wel gebeur. Geduld en deursettingsvermoë is uiteindelik ‘n skrywer se beste metgeselle. Ek was 16 toe ek my eerste tjekkie vir ‘n Siembamba-storie gekry het, maar het eers op 38 my eerste boek begin skryf. Vir iemand met jou entoesiasme, sal dit vroeër gebeur. Skryf gaan, soos die lewe, nie oor ‘n eindpunt nie, maar oor die reis daarheen. Geniet dit!
Hi, Chanette
Ek is nou so opgewonde, mens kan met my skilder! Ek het gister Onder Seespieël gekry… Yeah! En natuurlik het ek nog lekkerder nuus. Ek het jou Omnibus 2 (met n groot gesukkel) tweedehands opgespoor, en jou Omnibus 3 splinternuut gekoop. Die laaste kopie. Branders van liefde en Omnibus 4 het ek reeds… Dit is nogal moeilik om jou ouer boeke op te spoor, weet jy. Almal is uit druk uit. Dis hoekom ek nou so bly is ek het dit in die hande gekry. Dit voel soos krismis!
Jinne, Anzel, en hier het ek nog nie eens ‘n Onder Seespieël gesien nie! Ek hoop jy geniet dit. Ek kry baie klagtes van lesers oor boeke wat uit druk is, veral van versamelaars en veral oor die Davel-reeks. Hopelik sal daar nog Duette kom met van die ouer verhale.
Goeie dag, Canette.
Ek het so pas Dryfhout klaar gelees, en man was ek verras oor die moordenaar. Kan net vir jou ‘n 10 uit 10 gee. Net jammer ons sukkel so om die Davel-meisies in die hande te kry, maar ek glo jy sal daarvoor ook ‘n oplossing kry. Nogmaals baie dankie vir Gys en al sy dinge, het dit vreeslik geniet, en dit is definitief ‘n 2de en selfs 3de lees werd.
Groete hier uit ‘n baie baie koue Klerksdorp.
Welkom Malanie!
Dis heerlik om te hoor jy het die boek geniet! Die volpunte laat my hart sommer swel.
Die Daveltjies se herdrukke is darem nou op pad. Die nuwe Tamara behoort volgende week op die rakke te kom en is reeds beskikbaar by Lapa. Daarna volg die res, een per maand. Lekker lees!
Ek het gistermiddag laat n geskenkie van my tannie ontvang…wat niks anders as Dryfhout was nie en ek kan werklik waar nie wag om te begin lees hieraan nie. Dis sal ongelukkig moet wag tot die naweek, anders verander ek weer in n Zombie en alles wat leef en beef kan vergaan vir al wat ek omgee want ek lees te lekker
. Dankie vir al jou wonderlike boeke Chanette!!
Wel, big surprise there, maar ek kon toe nie wag vir die naweek nie
Ek het Dryfhout sopas klaar gelees en ek het regtig net een woord daarvoor : Awesome!
Chanette, ek hoop regtig van harte dat jy sommer gou weer ‘n spanningsverhaal sal aanpak…ek geniet die paar romanses wat ek al in die hande kon kry ook, maar die spanning saam met die romanse is net soveel beter, maar dis seker ook omdat daar soveel meeeeeer storie is.
Ek het net een vraag – jou karakters van die vorige Gys boeke wat in Dryfhout opgeduik het – het jy hulle aandeeltjies in Dryfhout beplan (spesifiek rakende Annie se roete) of het dit sommer net gebeur?
Hallo Lelani! Bly jy het Dryfhout geniet. Ek het nie die ander karakters se opduikery werklik beplan nie, maar ek het geweet daar sal karakters uit Springgety terugkeer omdat Kierangbaai net ‘n klipgooi ver van Kruisbaai af is. Die ander het gebeur omdat Aengel opsluit Annie se roete wou volg en na Annie-se-lot spesifiek wou gaan kyk. San het op haar eie besluit om by Gys te gaan kuier en Gertjie deur te kyk!
hi chanette, hoop dit gaan baie goed met jou! ek is verskriklik mal oor al jou boeke! ek is nou besig om die davel reeks te lees en is mal oor die boeke as ek begin lees dan kan ek nie die boek neer sit nie. waar kan ek nog van jou boeke kry?
Lize Berry