17
May
10

Lenteskryfskool

ATKV-Skryfskool

LENTESKOOL VIR LIEFDESVERHAALSKRYWERS Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit in samewerking met LAPA Uitgewers bied van 2 tot 4 September 2010 die jaarlikse slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Chanette Paul, Sophia Kapp, Alta Cloete en personeel van LAPA en die ATKV-Skryfskool gaan as aanbieders… optree en fokus op die liefdesverhaal. Die koste vir hierdie slypskool is R2 250 per persoon. Deelverblyf in selfsorgeenhede en alle etes (behalwe ontbyt) is ingesluit. Beperkte hoeveelheid verblyf is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede). Kursusgangers moet asseblief ’n eerste hoofstuk (ongeveer 3 000 woorde) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum op Vrydag, 13 Augustus 2010 skryf en aanstuur na: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings vir hierdie slypskool is Vrydag, 13 Augustus 2010.


2 Responses to “Lenteskryfskool”


  1. 1 Ronelle
    Junie 4, 2010 om 10:13 nm

    Die skool gaan ek beslis probeer by woon!
    Dankie Chanette en Lapa vir die geleentheid wat julle vir ons groentjies bied om ook te kan probeer skryf!

  2. Junie 5, 2010 om 7:15 vm

    Dis regtig ‘n lekker geleentheid, nie net om meer oor skryf en romantiese fiksie te leer nie, maar ook om mense te ontmoet wat nes jy ook wil skryf en boonop in dieselfde genre. Ek het al hegte vriendskappe daar sien vorm omdat mense met dieselfde belangstellings bymekaar kom. En prof. Hans du Plessis wat aan die hoof staan, is ‘n ster. Hy hou alles lekker informeel en laat mens kort-kort giggel.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Mei 2010
M T W T F S S
    Jun »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: