11
Jun
10

Hoe lyk Gys se Packard?

Bestaan daar regtig so ‘n duur Packard soos Gys s’n en hoe lyk hy? was ‘n  interessante kwessie wat ‘n leser onlangs opgehaal het.

My gewese man, nou my goeie vriend, is heeltemal kar-verskrik. Ons het menige ou motors gehad – meesal MG’s en het ook aan die MG-Motorklub behoort. Tallose naweke het ons veteraanmotorskoue bygewoon – soms ons eie motors ingeskryf, maar meesal net gaan swymel.  Ons het selfs aan veteraanwedrenne deelgeneem. Alhoewel ek nooit so passievol oor motors geword het soos Jack nie, het ek oneindig baie waardering vir die ‘ladies’ uit vorige eras. Daar is ʼn ongeëwenaarde romantiek aan ʼn ou motor wat met soveel liefde en sorg gebou is en dekades later met nog meer liefde en toewyding gerestoureer is.

Terwyl ek Boheem geskryf het, wou ek een van die groot struikelblokke in die verhouding tussen
Gys en Gertjie darem ʼn bietjie makliker maak. Ek kon niks daaraan verander dat hulle neef en niggie was nie. Ek kon ook nie van Gys nou skielik iets anders as ʼn doodgewone speurder of Gertjie iets anders as ʼn gekultiveerde prokureur maak nie. Ek moes dus óf vir Gertjie verarm óf vir Gys verryk. Ek kon dit nie oor my hart kry om Gertjie se geld te steel nie en moes toe aan iets dink wat Gys darem ʼn geloofwaardige finansiële hupstoot te gee.

Dis toe dat ek besef het die geleentheid lê daarin dat sy pa  ʼn mechanic was. Terloops, mens kry werktuigkundiges en dan kry jy mechanics. Ek weet nie mooi waar die verskil lê nie, ek voel net aan daar is een. Ek dink mechanics doen hulle werk uit liefde vir motors en vir werktuigkundiges is dit bloot ʼn ambag. En as dit so is, was Gys se pa definitief ʼn mechanic. Hy was dus net die regte man om ʼn ou motor te restoureer.  Ek het ure lank op die internet geswerf om die regte motor op te spoor en toe op die Packard afgekom.

Ek het sommer self verlief geraak op die lieflike oorblyfsel uit tye toe dinge nog anders was. En die prys was net reg, die motor is te koop aangebied vir $295 000. Net mooi genoeg om ʼn aansienlike verskil aan Gys se fiskale posisie te kan maak. En interessantheidshalwe, ek het vanoggend weer gaan loer en die motor is intussen verkoop. Teen die volle prys.

 

Hieronder ʼn uittreksel uit die omskrywing en agtergrond van die motor soos dit in die oorspronklike advertensie gelui het. Ek was veral beïndruk met die dele wat ek onderstreep het.

Packard would build its sublimely smooth, quiet and powerful Twelve engine for only one more year after 1938 Sixteenth Series Twelves. Only 566 were delivered in 1938 and 446 in 1939 and these are the ultimate evolution of a legendary classic powerplant, now with 473 cubic inches and 175 horsepower.

Brunn and Company used the 1608 for two magnificent, opulent, imposing formal cars, an All-Weather Cabriolet and an unusual Touring Cabriolet of which this is an extremely rare and beautifully restored example. It is impossible to overstate the commanding presence of this magnificent Brunn and Co. Touring Cabriolet, with its brilliant colors of Gold over Medium Brown with Beige cloth padded roof and folding rear roof section over a luxurious interior upholstered and trimmed in Camel wool.

Even the chauffeur’s compartment is upholstered in wool cloth, not the more common leather. Equipped with a rollup divider window with a radio speaker and clock incorporated in the divider partition, the owner’s stature is enhanced by the fact that there are no jump seats for occasional occupants, making this one of the largest and most imposing 4-passenger automobiles ever created.

Delivered through the Fonda Motorcar Company on November 16, 1938, its first owner was Ms. Helen Lyons of Ogdensburg, NY who kept it until 1951. Its subsequent ownership is detailed in a magazine article that comes with it and it was eventually restored by Bud Hicks in Marshall, Michigan.

It abounds in interesting and unusual features including a dashboard that is painted Silver to contrast with the body colors, gold plated interior door and window handles and rear compartment grab bar, Trippe lights, covered slots in the window sills, Brunn’s signature small windows over the windshield, a “chauffeurbrella” stored under the front seat, dual enclosed sidemounted spares and wide whitewall tires on steel wheels with hubcaps and trim rings.

It is an example of one of the most rare and exclusive luxury cars of the Classic era and if anything has even more presence today than it did in with Ms. Lyons in it in 1938.


0 Responses to “Hoe lyk Gys se Packard?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Junie 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: