08
Jul
10

Droewe bladproewe

Ek is terug na my warrelwind besoek aan die Noorde en het darem so min of meer ingehaal wat in die proses agterweë gebly het. Dit was heerlik om saam met al die Romanza-skrywers en –lesers te kuier al was die tyd so beperk.

Die van julle wat in spanning wag op Meetsnoer se verskyning, sal bly wees om te hoor ek is besig om die bladproewe na te gaan. Dis altyd ʼn waterskeidingstydperk. Wanneer mens deur die bladproewe gaan, kan hoogstens ʼn woord of ʼn sin verander word. Daarna, is daar selfs daarvoor geen omdraaikans nie. Wat verbrou is, is verbrou. Die kind se naelstring word deurgeknip. Dis altyd die stadium waar ek besef hoeveel beter ek die boek kon geskryf het as ek net sus of so gemaak het, maar helaas, dis te laat.

Ek veronderstel dis soos na ʼn swangerskap. Jy verwyt jouself omdat jy nie genoeg oefening gedoen het nie of jou ʼn bietjie te veel aan die sjokolade vergryp het. Of dalk soos dit voel wanneer ʼn kind die huis verlaat. Het ek in my opvoeding geslaag? Het ek my kind toegerus vir die wêreld daarbuite?

Ná die bladproewe behoort my Meetsnoer-baba aan julle. Elkeen van julle sal haar maar moet behandel soos julle goeddink. Dalk kry julle haar innig lief, dalk staan julle neutraal of dalk haat julle haar. Ek kan niks meer daaraan verander nie.

Dis nogal ʼn skrikwekkende gevoel. Tog is dit bevrydend ook. En die bevryding maak dit moontlik om nou weer aan die groeikrag van die volgende baba te werk. Volgende week ploeg ek weer alles in Dryfhout in. Sy dy al mooi uit en ek probeer voeding en vitamines verskaf waar ek kan. Ek kan nog net nie daaraan dink dat ek haar ook eendag die wye wêreld moet instuur nie!


6 Responses to “Droewe bladproewe”


  1. Julie 8, 2010 om 3:45 nm

    Hallo Chanette. Ek is bly om te hoor jou proses is nou in die laaste fase. Sterkte. Ek hoop ek sal darem daar bo in die Noorde een te koop kry. Afrikaanse leesstof is glo maar moeilik bekombaar in Doha.

    • Julie 9, 2010 om 7:16 vm

      O, genade, Tinus, gaan jy so gou al Quatar toe? Jou dapperheid verbyster my, veral aangesien daar inderdaad seker nie vreeslik baie Afrikaanse leesstof daar sal wees nie😉

  2. 3 Anzel Gerber
    Julie 8, 2010 om 5:54 nm

    Haai, Chanette. Glo nie ons gaan jou Meetsnoer-baba haat nie. Inteendeel! Ons gaan hom/haar met ope arms ontvang en binne n paar dae so goed ken dat ons hom/haar nooit weer gaan vergeet nie!🙂 Nou kan jy terug sit en ontspan. Die harde werk is verby!

    • Julie 9, 2010 om 7:23 vm

      Van ontspan is daar nie veel sprake nie, Anzel. Dryfhout het ook ‘n keerdatum, maar die afsluiting bring tog verligting mee. Dis nou natuurlik totdat die boek op die rak beland en mens begin vrees vir lesers se reaksies, resensies en dies meer! Maar lesers soos jy maak dit darem makliker. Dankie.

  3. 5 Marile Cloete
    Julie 10, 2010 om 10:03 nm

    Ek dink die beeld van swangerskap is baie raak!

    • Julie 11, 2010 om 6:52 vm

      Om een of ander rede het elkeen van die Gys-boeke tot dusver, my nege maande geneem om die 1e draft te skryf en gereed te kry vir eerste keuring. Jodi Picoult sê dieselfde van haar boeke en sy reken dis glad nie toevallig nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Julie 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: