17
Jul
10

Weer weg en Vrouedag-lekkertes

Dit voel vir my ek is pas terug en nou is ek alweer op pad. Die keer vir twee weke. En ek gaan net betyds terug wees voor al die Vrouedag-lekkertes begin.

Maandag vat my clapped out bakkie die pad na die oewer van die Breederivier toe, na ʼn kliphuisie wat ek gehuur het om verder aan Dryfhout te gaan skryf. Dit klink baie eienaardig dat mens van ʼn rustige klein dorpie soos Stanford moet vlug om te gaan skryf, maar dis hoe dit is.

Met ʼn huis wat geverf en opgeknap word, ʼn spul ander verantwoordelikhede hier en die verloklikheid van die internet, blogs en dies meer, kry ek dit nie reg om my storie en karakters die aandag te gee wat hulle verdien nie.

Ek sien dus baie daarna uit om die volgende deel van Dryfhout in afsondering te gaan skryf en net daarop te kan konsentreer. En as ek sê afsondering, bedoel ek afsondering. Daar is nie ʼn TV nie en ek sal ook nie eens internettoegang hê nie!

My kamera gaan egter saam en ek hoop om vir julle foto’s te wys van die huisie en omgewing wanneer ek terugkom.

Intussen was daar nogal heelwat verwikkelinge wat optredes betref. Ek sal die eerste week in Augustus alles kan bevestig, maar gee voorlopig vir julle die datums van en inligting oor gesprekke waarby ek betrokke gaan wees oor die langnaweek van Vrouedag.

 KalfiefeesOnrus

7 Augustus 2010 (Saterdag)

09:15 – 10:00 in die Roos-tent (langs die De Wet-saal).

Ek praat oor die Gys-boeke, verklap ʼn bietjie oor Meetsnoer en die lekkerste van alles is dat Karin Brynard (Plaasmoord) ingestem het om saam met my te gesels.

Dis baie vroeg so in die winter, maar ons moes ʼn produksie wat 10:00 in die De Wet-saal begin, in ag neem.

Die hele Saterdag (7 Augustus) by die Kalfiefees in Onrus, gaan ʼn fees wees vir boekeliefhebbers. Die Kalfiefees bied hierdie jaar ʼn skatkis van geleenthede aan. Gaan loer gerus in by www.kalfiefees-hermanus.co.za. Op die oomblik is nie al die boekbesprekings nog op die webblad aangedui nie, maar ʼn voorlopige program sluit ook gesprekke in van  Douwleen Bredenhann  (’n Hemelhoë Hekkie) met Kerneels Breytenbach, Deborah Steinmair (Marike se Laaste Dans) met Elna van der Merwe en Karin Brynard (Plaasmoord) maar daar is ander ook.

Stellenbosch

9 Augustus 2010 (Maandag)

10:00  (venue moet nog bevestig word).

So op Vrouedag gaan ek en Kristel Loots (Sjokoladesoene, Aspoesterskoene) oor die vroue-karakters in ons boeke praat. Enigiemand wat al van Kristel se baie boeke gelees het, sal weet sy het ʼn onoortreflike sin vir humor. Ek dink ons gaan lekker gesels.

Durbanville 

9 Augustus 2010 (Nog steeds Maandag).

19:00 by die knus restaurant Kos en Kuns

Ek en Kristel Loots gesels ook hier oor vroue en ons boeke. Hierdie gaan gepaard met ‘n ete en lekker sjerrie.

Oor die Kalfiefees se boekbesprekings kan julle Marinda Ehlers kontak by mehlers@hermanus.co.za

Omdat ek tans min inligting oor die Stellenbosch en Durbanville geleenthede het, sal dit moontlik die beste wees om Lapa oor besonderhede te kontak. E-pos Mariëtte Wienekus by mariettew@lapa.co.za

Nog ʼn nusie:

In die Vrouekeur van 13 Augustus kom daar ʼn artikel waar ek met Yolanda Barnard oor onder meer Meetsnoer gesels.

 And that’s it, folks. Voorlopig. Ek sal teen 1 Augustus terug wees op die net, hopelik met ʼn Dryfhout wat ʼn hele ent verder is as wat tans die geval is.

Hoop ek sien van julle by ten minste een van die Vrouedag geleenthede.


2 Responses to “Weer weg en Vrouedag-lekkertes”


  1. Julie 18, 2010 om 7:05 vm

    Ai tog, al die lekkerte wat wag en hier sit ek in die verre Noorde en al wat hier gebeur is die kerk bazaar… ons hou ons nie op met volksvreemde goeters soos Vrouedag nie (tong in die kies). Geniet dit! Jy verdien al die lekkertes.

  2. Julie 18, 2010 om 9:28 vm

    @ ekisanna Toe ek vertel het van Graffiti-ding, wou die mense in die Suide weet, maar wat van hier? Nou’s dit hier en jy sê Ai!😉 Gelukkig kan mens enige plek wees en lees en die blog help dat ons kan gesels ook. Julle wat gereeld hier inloer hoor alles wat ek elders ook oor ou Gys-man en kie te sê het, maar net in meer detail. Dis nou net jammer van die ete en die sjerrie, né?
    Hoe ver Noord is jy? Ek het vir vyf baie interessante jare in die Tshipise (eintlik Gumbu) en Messina omgewing gewoon. In ‘n karavaan nogal. En toe ons terug is betonoerwoud toe, gereeld elke jaar weer Bosveld toe gegaan. Ek kom nou selde daar, maar die Bosveld is ‘n baie, baie spesiale plek vir my. Daar is weinig dinge wat vergelyk met ‘n wakkerword in die buitelug onder ‘n kremetart met die vuur wat nog smeul en die geur van koffie wat verklap dat iemand nog vroeër as jy wakker geword het en kooltjies onder die ketel ingeskraap het. Hemels.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Julie 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: