10
Aug
10

Woorde, stories, mense, wonderlikhede – Onrus se Kalfiefees 2010

Ek en Karin Brynard aan die gesels. (Foto Marinda Ehlers)

Sjoe, ek skep nog asem.  ʼn Besige, maar feestelike langnaweek lê agter die rug!

Dit het Saterdagoggend vroeg-vroeg afgeskop met die Kalfiefees se Boekbesprekings waar ek en Karin Brynard heerlik gesels het tussen tartende geure van boeretroos, pannekoek en ʼn magdom ander smulgoed. Ek was verras om soveel mense so op die koel oggend daar te sien en nog ʼn  lekkerte was dat mense wat ingekom het om koffie en eetgoed te kom kry, sommer ook kom sit en luister het. Wat ʼn gesellige affêre. Baie dankie aan almal wat daar was en veral aan Karin wat bereid was om douvoordag uit Stellenbosch te ry om daar te wees.

En die dag het net al hoe lekkerder geraak. Die boekbesprekings was gevarieerd en interessant. Ons het baie gelag, soms  ʼn traan weggepink en is sommer net op soveel vlakke verryk.

Alle lof aan Marinda Ehlers vir die wondere wat sy in so ʼn kort tydjie verrig het en vir die geleentheid wat sy vir ons geskep het om te praat oor, en te luister na die lekkerste van lekkertes: Boeke en stories! Ek hoop werklik dit word ʼn jaarlikse instelling.

Hier onder ʼn paar foto’s van die hierdie geleentheid, en later meer oor die ander twee geleenthede waar ek en Kristel Loots op Vrouedag opgetree het.

In die laat middagsonnetjie saam met Petrovna Metelerkamp. (Foto Marinda Ehlers)

Ek en Karin. (Foto Marinda Ehlers)

Ek, Elna van der Merwe (Huisgenoot Boeke), Deborah Steinmair (Marike se laaste dans) en Karin Brynard (Plaasmoord). (Foto Marinda Ehlers)


4 Responses to “Woorde, stories, mense, wonderlikhede – Onrus se Kalfiefees 2010”


  1. Augustus 11, 2010 om 10:39 vm

    Dit lyk na ‘n fees, Chanette! En sulke interessante mense … wens ek was ‘n vlieg teen die muur.

  2. Augustus 11, 2010 om 10:51 vm

    Dit was inderdaad ‘n fees, Madelie. Daar was so ‘n wye verskeidenheid van skrywers, onder andere ook dié wat self boeke gepubliseer het. My kop het aan die einde van die beprekings behoorlik gesing van al die verskillende indrukke en nuwe insigte.

  3. 3 Bets Smith
    Augustus 11, 2010 om 5:05 nm

    Dit lyk of julle ook nie eens koud gekry het nie. Dis nie fêr nie! Julle lees en kuier lekker en kry ‘êktilly’ warm, ons staak en werk en vrek van die koue! Ek wens ek was liewers da by julle.

  4. Augustus 12, 2010 om 9:11 vm

    Hi, Bets! Kyk maar hoe warm die ander aangetrek is. Ek kry gou warm wanneer ek benoud is en haat dik klere. Maar dit was inderdaad ‘n mooi dag.Net die volgende dag was dit wind en reën wat skrik vir niks. Maar ons het inderdaad heerlik gekuier en ek wens ook jy was daar!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Augustus 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: