17
Sep
10

Veertjies 2010

 

Ek en Blom by die Veertjies. Foto beskikbaar gestel deur die ATKV.

En so het die Veertjie-geleentheid, soos alle goeie dinge, gekom en gegaan. Baie dankie vir al julle boodskappe, duime wat vasgehou is en ondersteuning. Ek het darem uit die staanspoor besef Boheem se kanse is baie skraal om te wen, veral omdat romantiese liefde nie in Afrikaans eie is aan spanningsromans nie. Ek het dan ook nie met die louere weggestap nie, dit was Chris Karsten se voorreg, maar dit was nietemin ʼn eer om finalis te wees en ʼn belewenis om lank te onthou.

Die geleentheid self was die toppunt van glamour. Soveel Baie Belangrike Persone in die boekwêreld, het ek lanklaas bymekaar gesien! En almal uitgevat in die spoggerigste vere.

Molenvliet

Die funksie is op Molenvliet gehou – ʼn allerpragtige wynplaas net buite Stellenbosch en boonop het die Bolandse weer wonderlik saamgespeel.

Dit was heerlik om met bekendes te gesels en ook om nuwe mense te ontmoet. Lekkerste was om, onder meer, vir Karin Brynard, Kristel Loots, Elsa Winkler en Jaco Jacobs daar te sien. Dis mense met wie ek al lekker paaie gestap het in my skryfloopbaan en dis al of die finaliste die jaar so gekies was dat daar van my spesiale mense daar was.

Elsa Winkler ontvang haar Veertjie van Elize Parker vir die beste romanse. Baie geluk, Elsa! Foto: Naomi Bruwer van LitNet

Baie geluk aan al die wenners, maar ook aan die finaliste. En ʼn groot pluimpie vir die ATKV en Sanlam wat nie net die enigste pryse daarstel vir ontspanningsfiksie nie, maar boonop in verskillende kategorieë – soos dit hoort. Dit spoor ons as skrywers aan om ons heel beste te lewer in die genre van ons keuse. Dit dui ook daarop dat daar ten minste in een geledere begrip is daarvoor dat ontspanningsfiksie, en die genres wat daaronder val, ʼn regmatige plek op die podium verdien.

Ek hoop ander borge sien dit raak en besef ook dat die voortbestaan van Afrikaans juis in ontspanningsfiksie geleë is omdat dit die boeke is wat die meeste en die graagste gelees word.  Hoe meer goeie ontspanningsfiksie geskryf word, hoe meer sal dit gelees word, hoe meer goeie Afrikaans sal gepraat word, hoe meer en langer sal ons op Afrikaans kan trots wees.

Maar as ek kon Veertjies uitdeel, sou dit aan die lesers gaan. ‘n Veertjie vir elke leser wat swaarverdiende geld uithaal en ons boeke koop. Wat kosbare ure afknyp om ons boeke te lees, Afrikaans te lees. Sonder julle, sou hierdie opbloei juis hier in Afrikaans se skemer dae, nie moontlik gewees het nie. Julle is die lig in wat duisternis kon gewees het.


8 Responses to “Veertjies 2010”


  1. September 17, 2010 om 9:22 vm

    En ons sê almal so! Hoor! Hoor! Dit was inderdaad ‘n wonderlike geleentheid met genoeg glans en glorie om ons lank te voed. Dankie aan die ATKV daarvoor.

  2. September 17, 2010 om 9:41 vm

    O, en het jy geskitter! Ek is naarstig opsoek na ‘n foto van jou in daardie glam-outfit. Jy het regtig pragtig gelyk, Kristel.

  3. 3 Marile Cloete
    September 17, 2010 om 1:43 nm

    Ek wag al heelweek vir hierdie post – jy’t my klaar bederf, Chanette – ek weet na ‘n okkasie kom daar ‘n sinvolle reaksie van jou kant af!

  4. September 17, 2010 om 2:32 nm

    Jammer vir die vertraging, Alta! Dit het ‘n bietjie lank geneem omdat ek vir die foto’s moes wag. Ongelukkig was die twee die enigstes wat ek tot dusver kon opspoor wat betrekking het op die post. As ek nog kry, sal ek hulle hier kom opplak.

  5. September 19, 2010 om 10:15 vm

    Dankie vir die deel van jou lewe, Chanette. Ek weet van baie mense wat plesier daaruit kry, wat nooit kommentaar daaroor lewer nie. En dit geld natuurlik ook vir Kristel en Marilie hierbo! Hou julle maar net aan om die boeke te skrywe!

    • September 20, 2010 om 5:25 vm

      Soms verwonder ek my daar oor, Trisa, maar dis vir my wonderlik dat lesers deedae so lekker deel van mens se lewe kan wees. Skryf is ‘n eensame job, maar met goed soos Blogs en Facebook waar mens kan kommunikeer, is dit nie meer heeltemal só alleen nie.

  6. 7 anoniem
    Oktober 23, 2010 om 9:38 vm

    n Seldsame blom kan wondere verrig om n foto perfek te maak.x

    • Oktober 23, 2010 om 9:52 vm

      Hallo … um … Anoniem. Ja, wat kan ‘n mens sê van so ‘n seldsame en besonderse Blom.Laat my dink aan ‘n Nederlandse gedig se openingsreël: Ik ween om bloemen in de knop gebroken… Willem Kloos as ek dit nie mis het nie. En ek dink snaaks genoeg ook aan ‘n liedjie met die naam van “You’re so vain”.😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

September 2010
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: