23
Jan
11

Sjoe!

Praat van met ʼn vaart wegtrek. Dis nou hierdie 2011 van ons. Ek dink nog ek is reg om rustig aan die gang te kom en toe ek weer my oë uitvee, is dit drie weke later.

Dis egter verstommend wat mens in drie weke kan uitrig as jy moet.

Myne het so gelyk:

Week 1 Maandag: Begin op harde kopie vir oulaas deur Dryfhout gaan, redigeer. Dinsdag: Redigeer verder aan Dryfhout. Uitgewer bel my en soek ʼn konsep vir die omslae van die Davel-reeks asook ʼn foto van hoe ek Tamara voor my sien. Kyk na honderde der honderde omslae van boeke in min of meer dieselfde genre, stuur ʼn paar aan, maar die wat vir my mooi is, is nie uitvoerbaar nie. Skarrel deur derduisende foto’s op Stock-webwerwe en vind feitlik net ge-photoshopde popgesiggies met botox-lippe, vals wimpers en die allerverskriklikste aanwending van eye-shadow. Kry darem een wat daaaaalk kan werk. Woensdag: Ek gaan vir oulaas deur die geredigeerde manuskrip van Tamara se Track Changes en druk die send-knoppie. Uitgewer bel. Soek ʼn one-liner (die sinnetjie op die omslag) vir Dryfhout. Sukkel amper langer daarmee as wat dit my vat om ʼn hoofstuk te skryf. Moet ook ʼn one-liner vir Tamara kry. Ditto. Redigeer verder aan Dryfhout. Donderdag: Maak klaar met harde kopie redigering van Dryfhout en begin veranderinge op rekenaar aanbring en maak seker ek het sover moontlik alles wat in die keurverslag staan, aangespreek. Groet Gys vir oulaas, pink die trane weg en druk send-knoppie. Uitgewer sê dankie en soek konsep-voorstelle vir omslag van Dryfhout. Res van die dag op die Web. Vrydag: Finaliseer Dryfhout se outeursnota en bronnelys. Finaliseer die ‘Liewe leser’ brief vir Tamara. Finaliseer die geslagsregister wat in Tamara en die res van die reeks moet kom. Swerf op die Web agter omslae aan. Saterdag: Begin aan die eerste manuskrip van sewe lees waarvoor ek ontwikkelingsverslae moet skryf. Sondag: Lees manuskrip klaar en maak notas vir verslag.

Week 2 Maandag: Lees manuskrip 2 Dateer boekelys vir boekklub op. Gaan boekklub toe en probeer my oë oophou. Dinsdag: Lees manuskrip 3 en begin nommer 4. Woensdag: Lees manuskrip 4 klaar en skryf verslae vir no 3. Donderdag: Skryf verslag 4 en lees manuskrip 5. Vrydag: Lees manuskrip 5 klaar en begin met 6. Saterdag: Lees manuskrip 6 klaar en begin met 7 Sondag: Lees nommer 7 klaar

Week 3 Maandag: Skryf verslag vir nommer 7 Kort-kort op die foon met uitgewer oor omslae en dinge. Dinsdag: Skryf verslae 5 & 6 Woensdag: Gaan weer deur al die verslae, skryf faktuur en – suuuuug – stuur. Begin redigeer aan Isabelle (Daveltjie no 5). Donderdag: Redigeer Isabelle. Vrydag: Isabelle klaar, begin met redigering van Maryn (Daveltjie no. 6) Saterdag: Maak Maryn klaar. Begin met redigering van Fleur (Daveltjie no. 7) Sondag: Maak Fleur klaar Gaan deur Track Changes van Annabella (Daveltjie no. 3) Soek foto op Stock-webwerf vir Annabella.

!!!Besef skielik ek het nog nie die jaar ge-blog nie. En hier is hy nou. Die eerste regte pos van die jaar – jammer dis bietjie laat.

Hoop die jaar het vir jou goed begin en gaan net al lekkerder word. Ek sien daarna uit om die Daveltjies se manuskripte môre (dis nou Maandag van week 4) sover moontlik te finaliseer vir hulle herdrukke en teen Dinsdag of Woensdag aan ʼn nuwe boek te begin skryf. Kan nie WAG nie!


9 Responses to “Sjoe!”


  1. Januarie 23, 2011 om 12:50 nm

    Whatever – hierdie illustrasie is asemsnak, awesome-rowend vreeslik verskriklik mooi!

    • Januarie 24, 2011 om 6:07 vm

      Hi Kristel. Sy kom al ‘n hele klompie jare saam met my nadat ek haar as gratis Wall paper afgelaai het en sy trek tekens saam na ‘n nuwe rekenaar toe. Mens kry legkaart ook van haar. Ek probeer nou dink aan die kunstenaar se naam. Ek weet dis Josephine, maar kan nou nie haar van onthou nie.

  2. 3 Lelani
    Januarie 24, 2011 om 8:18 vm

    Dol is heelduidelik die norm hier. Ek dink partykeer dis beter om besig te bly, want dan kan die ledige ure jou nie gek maak nie!
    Ek het uiteindelik al 4 die Gys boeke gelees gekry, al was dit nou nie heeltemal in die regte volgorde nie😉 maar nou kan ek niewag vir Dryfhout nie. Sien baie uit daarna!
    Sterkte met die nuwe boek en ek hoop jy gaan darem so ‘n paar leidrade laat val waaroor dit gaan gaan op jou blog!

  3. Januarie 25, 2011 om 9:40 vm

    Ek kla glad nie, hoor! Ek geniet al die dolligheid. Dis vir my alles deel van die skryfproses. Soms dink mense skrywers sit net agter hulle rekenaar en tik ‘n storie uit. Ek wou net so bietjie verduidelik dat dit nie heeltemal is hoe dit werk nie!😉

    So bly jy het al vier die Gyse geniet. Ek het nogal gesukkel om van Gys afskeid te neem, maar die nuwe karakters wat ek daagliks beter leer ken, vergoed daarvoor.

    My nuwe boek is nie ‘n spanningsroman nie (ek dink in elk geval nie so nie, maar mens weet nooit wat nuwe karakters kan aanvang nie). Dit gaan oor vier vroue wat familie van mekaar is. Elkeen het haar eie storie binne die groter konteks van hulle verwantskap en onderlinge wisselwerking. Ek beplan dan ook dat die storie waarmee ek nou besig is, die eerste sal wees in ‘n reeks van vier. Hou maar duimvas!

  4. 5 Marile Cloete
    Januarie 25, 2011 om 10:09 vm

    Liewe land, ek is moeg net van die lees … gaan nou dadelik ‘n bietjie lê!🙂

  5. 6 Marietjie
    Januarie 26, 2011 om 2:48 nm

    Hi Wanneer kan ons Dryfhout op die rak verwag, ek kan nie meer wag ….. Dankie vir die lekker lees …

  6. Januarie 26, 2011 om 3:07 nm

    Hi Marietjie.
    Hierdie keer is dit darem nie meer so ‘n lang wag as wat met Meetsnoer die geval was nie. Dryfhout behoort so in die middel van Junie op die rak te wees.
    Bly jy geniet die boeke!

  7. 8 Corlene
    Januarie 31, 2011 om 9:58 vm

    Hi Chanette,

    Lees tans Meetsnoer en kan die boek letterlik nie neersit nie. Dankie tog dat ons nie so lank vir Dryfhout te wag nie! Ek myself gaan ‘n hele paar trane pik wanneer ek afskeid moet neem van Gys en Gertjie en die meerminne!

    Dankie vir die genot wat jou boeke my bring!

    Cxx


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Januarie 2011
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: