30
Jan
11

op pad

Met ʼn bedrywige Januarie feitlik agter die blad, sien ek uit na Februarie.

So op die laaste dag van Januarie, gesels ek môre, dis nou Maandagmiddag die 31e, by die Kleinmond Skryfkring oor genres en genrefiksie en Dinsdag 1 Februarie pak ek weer my goedjies om weg van die huis, die internet en al die verleidinge van Stanford te gaan skryf. Ek sal Maandag 14 Februarie weer terug wees.

Ek het laas week aan my nuwe manuskrip, die eerste van ʼn beoogde kwartet, begin skryf en wil lekker in die storie en die reeks inkom gedurende hierdie amper twee weke. Dis die eerste keer dat ek willens en wetens ʼn reeks aanpak. Die Daveltjies en die Gys-boeke het toevallig reekse geword, maar dié keer wil ek dit behoorlik probeer doen.

My nuwe manuskrip is nog titelloos en ek is nog baie onseker oor waarheen die muse my gaan lei. Al wat ek tot dusver weet, is dat die vier vroue waaroor die kwartet gaan, my sekerlik nog grys hare gaan (by)gee. Hulle is ʼn uiteenlopende klompie en elkeen het ʼn hele paar geite. Lyk nie vir my of daar moorde gepleeg gaan word nie.

Ek sal kom rapporteer hoe dit gegaan het en hopelik weer foto’s van my wegkruipplek vir julle kom wys. Dié keer vaar ek die berge in en gaan na ʼn plek naby die dorpie met die wonderlike naam van Baardskeerdersbos.

Voorlopig dus, adios!


7 Responses to “op pad”


  1. Januarie 30, 2011 om 12:10 nm

    As jy op Baardskeerdersbos kom bly, is jy sommer naby my en Toortsie hier op Bredasdorp. Geniet die stilte en lekker skryf.

    • Januarie 31, 2011 om 6:07 vm

      Dankie! Ek ry so elke nou en dan deur Bredasdorp op pad Suiderstrand toe waar ek hoop om (eendag as ek groot is) vir my ‘n skryfplekkie te bou en dit makliker te maak as nou om gereeld weg te skryf.

  2. 3 Marile Cloete
    Januarie 30, 2011 om 12:38 nm

    Ek sal graag later (heelwat later!) by jou wil hoor of die skryf van ‘n reeks makliker is wanneer ‘n mens dit van die begin af as ‘n reeks aanpak as wanneer dit so half vanself gebeur. Ek vermoed wel so …
    Hoop jy het ‘n vrugbare tyd van skryf! (Ek is bevrees ek sal doodgaan sonder internet …)

    • Januarie 31, 2011 om 6:10 vm

      Dankie, Marile. Ek sal seker eers weet as die reeks klaar is, maar dis vir my wel opwindend om redelik ver te kan vooruit dink. Ek het gister in die stort aan iets gedink wat in boek 3 kan gebeur en wat ‘n groot invloed op boek 4 kan hê. Of dit ooit in die praktyk gaan werk weet ek nou nie, maar dis lekker.
      Ek kan ook meesal nie sonder die internet nie, maar twee weke daarsonder gee mens ontsaglik meer tyd as wat jy gewoonlik het.

  3. Januarie 30, 2011 om 6:08 nm

    Ja, so ‘n klomp vroumense kan jou seker goed grys hare gee as hulle wil!!! Maar ek is seker jy sal hulle kan hanteer!
    Baie sterkte! Ons Overbergers is TROTS op jou!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Januarie 2011
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: