Archive for April, 2011

26
Apr
11

Wanneer skrywers begin praat pleks van skryf

Die twee dae by die KKNK saam met Kristel Loots en Alta Cloete was ‘n belewenis.

Die optrede by Arbeidsgenot het al drie van ons op ons senuwees gehad, maar Samantha, ons fasiliteerder, het ons soos ‘n ware pro deur die anderhalfuur gelei. Die heel lekkerste was egter dat die drie van ons soveel tyd saam gehad het om net te gesels.

Daar is seker gelukkige skrywers wat ‘n wederhelfte of ‘n gesinslid het wat werklik intens belangstel in mens se werk, maar my ondervinding is dat mens se naastes later so glaserige kyk in die oë kry wanneer jy oor jou skryfwerk praat. Dit het niks te doen met ‘n gebrek aan liefde of ondersteuning nie. Skrywers kan baie vervelig raak. Dis waarskynlik hoekom hulle skryf.

Maar sit drie skrywers bymekaar wat deur dieselfde ellendes en vreugdes van skryf worstel en boonop losweg in
dieselfde genres skryf en ‘n marathon praatsessie ontwikkel.

Die eerste aand Lees aan ‘Wanneer skrywers begin praat pleks van skryf’

06
Apr
11

KKNK op 8 April en ander lekkertes

Twee lekker dinge wat die afgelope tyd gebeur het, is ‘n uitnodiging na die KKNK om saam met Alta Cloete en Kristel Loots op te tree by ‘n damesoggend wat in die tuin van Langenhoven se Arbeidsgenot gehou word en ‘n lekker resensie wat Stephanie Niewoudt oor Meetsnoer op LitNet gedoen het. (Meetsnoer laat jou asem ophou)

Die damesoggend is op 8 April om 10:00 en ons gesels oor die vrouekarakters in ons boeke. Teen R25 kan jy by ons aansluit vir tee en verversings. Besprekings kan by Mariëtte Wienekus gedoen word by mariettew@lapa.co.za. Gaan loer gerus na die pragtige Arbeidsgenot waar ons praat by http://www.cjlangenhoven.co.za/arbeidsgenot.php.
Voorwaar ‘n voorreg om in die dampkring van ‘n groot gees soos Langenhoven te kan gesels. Ek verstaan die omslae van die nuwe Daveltjies gaan daar vir ons gewys word!

Nog baie goeie nuus, veral vir die van julle wat sukkel om die boeke in die hande te kry, is dat die eerste drie boeke in die Gys Niemand-reeks ook herduk word, naamlik Springgety, Fortuin en Boheem. Hulle kry splinternuwe omslae en sal saam met Dryfhout van Junie af beskikbaar wees.

En dis ongelukkig al waarvoor ek nou tyd het. Moet Dryfhout se bladproewe afhandel voor ek more Oudshoorn toe gaan. Sodra ek terug is, skryf ek hopelik ‘n bietjie daaroor.




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Sluit aan by 174 ander intekenaars

April 2011
M D W T V S S
« Mar   Mei »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930