10
May
11

Dryfhout se omslag as lusmakertjie!

Op hierdie einste oomblik is Dryfhout in die proses om gedruk te word.

Dis vir my altyd wonderlik om te dink dat wit blaaie in hierdie proses ink op kry, dan gebind word, dan omslae kry en die resultaat is nie net papier en ink nie. Iemand gaan daardie boek optel, die vreemde swart strepies en kolletjies op die blaaie met hulle oë en verstand dekodeer en ʼn hele storie daarvan maak. Die leser gaan nie net lees nie, maar ook in haar kop visuele prentjies maak, deel word van ʼn verbeelde fliek. En as sy soos ek is wanneer ek lees, kan hoor en sien vergaan terwyl sy daarmee besig is.

ʼn Storie wat in my kop afgespeel het terwyl ek skryf, speel dan nou ook af in die leser sʼn. Dis amper soos ʼn wonderwerk.

Ek tel al die slapies tot ek Dryfhout in my hande kan hou, die ink kan ruik en die tekstuur van die papier kan voel.

Laat hoor gerus wat julle van Dryfhout se omslag dink.


17 Responses to “Dryfhout se omslag as lusmakertjie!”


  1. 1 Ryan
    Mei 10, 2011 om 1:48 nm

    Ek weet nie eers of ek moet erken hoe ek sien uit na die boek nie. Ek, soos my vrou sê – a man’s man, wat die goed lees. Dis is maar moeilik as mens in die buiteland woon, en mens bestel baie van jou Afrikaanse boeke ‘blind’. Maar dit het met Boheem gebeur – en ek dit so geniet ek het die vorige twee daarna bestel. Ja, dalk is die verhale dalk nog meer op die vroue leeser gemik, maar ek het sopas Meetsnoer afgehandel en dit was darem nie meer so soppy as die veral die eerste twee nie. Inteendeel, mens kan die ‘trend’ in die vier boeke sien – hoe dit verskuif van roman-spanningsverhale na spanningsverhale.

    So ja, dit is nou maar my verskuilde kompliment. Ek gaan nou braai, surf en my motor se olie verander om weer my vrou se ‘man’s man’ te word.

    • Mei 10, 2011 om 2:25 nm

      Dis inderdaad ‘n wonderlike kompliment, Ryan! En dit vat ‘n ware man om so ‘n bekentenis te kan maak.
      Jy is darem nie die enigste haan onder die henne nie. My aantal manlike ‘man’s man’ lesers groei van krag tot krag. Van finansiers tot wiskunde professors.
      Ek het een van hulle nou die dag gevra of hy die liefdestonele ‘skip’. Nee, sê hy toe, hy lees hulle sommer ‘n paar keer oor!
      Dis vir my ook wonderlik dat die oorsese lesers so byhou met die Afrikaanse boeke. Selfs al is die posgeld so duur, is dit ook ‘n groep wat al hoe meer van my boeke lees. Dis ‘n ware riem onder die hart.
      Lekker braai, surf en mekeniek speel!

  2. Mei 10, 2011 om 3:26 nm

    Ek dink dis ‘n pragtige buiteblad- baie treffend. Ek sal dit graag wil lees.

  3. 4 christa Jonker-Jordaan
    Mei 10, 2011 om 3:40 nm

    Dit lyk interessant en die omslag is pragtig! Sukses daarmee Chanette!

  4. 5 Tinus Viviers
    Mei 10, 2011 om 3:40 nm

    Kan nie wag vir die boek nie. Hoop die storie is net so misterieus as die indruk wat die voorblad by my laat.

  5. 6 Marile Cloete
    Mei 10, 2011 om 8:49 nm

    Dit lyk gevaarlik. En baie sensueel …

  6. 7 Douwleen Bredenhann
    Mei 10, 2011 om 11:36 nm

    Ek hou baie hiervan Chanette – dit lyk interessant en is inderdaad sensueel. Baie geluk met die nuwe boek!!

  7. Mei 11, 2011 om 8:12 vm

    Ek is so bly julle hou ook van die omslag. Ek hoop nou net julle gaan van die storie ook hou!

  8. 9 Rene vd Merwe
    Mei 11, 2011 om 3:51 nm

    Oeeee, ek’s al klaar hoendervleis en ek hou nog nie eers die boek vas nie!! Jinne Chanette jy weet darem net HOE! Dit lyk inderdaad misterieus…….. en gevaarlik! Hier kom (ALWEER) n ding!!! Baie baie geluk!

  9. Mei 12, 2011 om 12:42 nm

    Dankie, René! Ek hoop die storie sal ook vir julle lekker spannend wees.

  10. 11 Jolandé
    Mei 13, 2011 om 11:34 vm

    Glo my ek tel ook die slapies! Dit lyk beslis misterieus en “luminesce” met ‘n belofte van ‘n baie interessante storie!!

  11. 12 Lelani
    Mei 19, 2011 om 8:52 vm

    Nou is dit net om die dae af te tel tot ons die storie kan lees!!! Sien baie daarna uit en dis weereens ‘n stunning voorblad! Ek weet die ou gesegde gaan dat mens nie ‘n boek moet oordeel op sy ‘cover’ nie, maar ‘n stunning cover help beslis!

  12. 13 Amanda
    Mei 19, 2011 om 11:13 vm

    Hallo!

    Wanneer gaan Dryfhout verskyn…. ek kan regtig nie meer wag om dit te lees nie!

    Amanda

  13. 15 Marietjie
    Mei 19, 2011 om 1:52 nm

    Ek was van springety af “hooked” en het elkeen afwagting verslind, nou wetend dit is die laaste sal ek maar so “bietjies bietjies” moet lees, so bang dit gaan klaar word … maar ek ken myself as ek begin sal ek nie dit kan neersit, ek sien so uit na die boek, vreeslik dankie vir die reeks ek het dit vreeslik geniet ……

  14. 16 r myburgh
    Oktober 2, 2011 om 9:57 vm

    Gaan die reeks boeke ook as e-boeke te koop wees? Ek hoop so, want ek sal hulle graag wil aanskaf. Rienie


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Mei 2011
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: