Archive for Junie, 2011

27
Jun
11

Boektoerprogram: Noorde toe

Pleks van voor die rekenaar sit en speel, voel LAPA ek moet bietjie praat oor my boeke gesels ook. Hulle het vir my ‘n toer gereël wat by Bloemfontein se Vryfees begin, ‘n draai in Pretoria maak en eindig by Nylstroom.

Die program en kontakpersone  is as volg: Lees aan ‘Boektoerprogram: Noorde toe’

13
Jun
11

Tamara wals vir die derde keer

Tamara verskyn so teen die middel van Julie in haar nuwe tabbertjie. Dis al die vrou se derde. Aanvanklik is sy in 1999 as deel van Lees aan ‘Tamara wals vir die derde keer’

12
Jun
11

Dryfhout dryf Bloem toe en Tamara gaan saam

Bloemfontein se Vryfees lê voor die deur. Dryfhout asook Tamara gaan saam vry.

Besoek die Vryfees se Skrywers-program by http://www.volksbladfees.co.za/content.aspx?uid=16.

Op die program word egter nog aangedui dat Valiant weer met my gaan praat, maar ongelukkig het ʼn ander verpligting vir hom opgeduik.

Die nuwe gesprekleier is Yolanda Barnard – skrywer, joernalis en vrou van vele talente. Die inskrywing op die program moet dus lees: Lees aan ‘Dryfhout dryf Bloem toe en Tamara gaan saam’

08
Jun
11

Dryfhout beskikbaar

Dryfhout is tans beskikbaar op Lapa se webwerf by

 http://lapa.co.za/Web/Boek/boek.aspx?Boek=4493&tema=1


06
Jun
11

Lees Dryfhout se proloog

Proloog

1 Desember – vroegoggend

Gety bedinges. Dis wat algar hier op Kierangbaai is. Was dit nou regtig nodig dat Ma Nella haar vanoggend al voor vyf al uit die kooi gejaag het? Kon sy nie maar hierdie een keer oorgeslaan het nie?

Die water is nou wel lekker laag, soos altyd met volmaan. En dis net met spring-laag dat mens na Rykmansklip toe kan stap, hier waar die vetste oeste lê. Selfs vetter as die mossels by Springklip en hier is natuurlik arikruik ook, weggesteek agter die rand van die rotse en tussen die seebamboes. Maar sy wou nog geslaap het. Nog ʼn bietjie vergeet het van alles wat onlangs gebeur het. Veral wat gisteraand gebeur het. Lees aan ‘Lees Dryfhout se proloog’

04
Jun
11

Vyf woorde

Gistermiddag, so skuins na ses en net voor ek voorlopig tjaila, kry ek ʼn bitter kort e-pos van my uitgewer:

Gyse het gekom, lyk goed …

Die opwinding wat vyf woorde kan ontketen, is mateloos.

Dryfhout en die heruitgawes van Springgety, Fortuin en Boheem het dus geland!

Nou wag ek in angs en spanning vir daardie pakkie outeurskopieë en julle kan begin tande slyp en boekwinkels dophou.




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Sluit aan by 174 ander intekenaars

Junie 2011
M D W T V S S
« Mei   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930