27
Jun
11

Boektoerprogram: Noorde toe

Pleks van voor die rekenaar sit en speel, voel LAPA ek moet bietjie praat oor my boeke gesels ook. Hulle het vir my ‘n toer gereël wat by Bloemfontein se Vryfees begin, ‘n draai in Pretoria maak en eindig by Nylstroom.

Die program en kontakpersone  is as volg:

Bloemfontein – Vryfees:

 

Chanette Paul oor die laaste boek in die Gys Niemand-reeks

Plek: Eksamenlokaal 1

15 Julie 17:30-18:20, gratis, gesprekleier: Yolanda Barnard

Chanette Paul praat oor Dryfhout, haar laaste boek in die Gys Niemand-reeks met Yolanda Barnard. Sy vertel hoekom die reeks nou eindig en wat sy verder beoog.

Geborg deur LAPA-Uitgewers

Besoek die Vryfees se Skrywers-program by: http://www.volksbladfees.co.za/content.aspx?uid=16.

 

Seekosontbyt by De Vette Mossel

Die skrywers Chanette Paul, Rykie Roux en Arien Lubbe in gesprek met Suzann Prinsloo.

16 Julie om 08:00-10:30,

Bespreek by enige tak van Dorego’s oor die land heen.

Lees hier meer daaroor: Kom mossel saam

 

Vir verdere navrae, kontak Mariëtte Wienekus by mariettew@lapa.co.za

 

Na die Vryfees, ry die wa nog verder noord.

 

Oor Dryfhout, Gys Niemand en die legende van die visvrou van Kruisbaai

Alkantrant

Datum: 19 Julie 2011

Plek: Alkantrantbiblioteek, hoek van Lynburn en Daventryweg in Lynnwood Manor (oorkant Caltexgarage)

Tyd: 9h30 vir 10h00

Koste: R30 (Tee, koffie en eetgoed) – die geld gaan aan die biblioteekfonds spesifiek om Afrikaanseboeke aan te koop

Besprekings en navrae: Alkantrantbiblioterek by 012 358-9671

of Connie by 012 348 8777 0f 082 9590 227.

 

Waverley

Datum: 20 Julie 2011

Plek: Waverley Biblioteek, 1345 Cunninghamlaan (hv Cook en Cunningham), Waverley.

Tyd: 18h30 vir 19h00

Koste: R20pp (Verversings ingesluit)

Bespreking en navrae: Rianda/Sam by 012 332 2172 of Waverley@tshwane.gov.za

 

Painted Words – Nylstroom

Datum: 22 Julie 2011

Plek: Painted Words, Winkel 15,Shoprite sentrum, H/V Nelson Mandela & Meiningerstraat, Nylstroom

Tyd: 17h30 vir 18h00

Koste: R10pp (verversings ingesluit)

Besprekings en navrae: Celesté by 014-7173971 of paintedwords@vodamail.co.za

 

Hoop ek sien van julle daar!


7 Responses to “Boektoerprogram: Noorde toe”


  1. 1 Bets Smith
    Junie 27, 2011 om 5:45 nm

    En nou hoekom maak die toer noorde toe nie ‘n draai in die laeveld waar dit minstens bietjie warmer is nie? Ek sit hier aan die g-kant van die land en sien nooit enige skrywers nie! Julle diskrimineer teen ons laevelders. Of julle is net te bang vir die potholes.
    Geniet die toer. Mag daar vele ywerige en besielde lesers met julle kom gesels.

    • Junie 28, 2011 om 7:47 vm

      Ek wens ons kon daar ‘n draai maak, Bets! Ek is gek oor die Laeveld. Miskien is ek net nêrens heen genooi nie?😉
      Dankie, vir die mooi wense. Ek is maar altyd in my agterkop so effens bekommerd daar daag nie mense by sulke geleenthede op nie!

      • 3 Bets Smith
        Junie 28, 2011 om 2:58 nm

        Dis jammer hulle het jou nie InniBos-toe genooi nie. Hoe gaan mens te werk met die nooi-proses? En wat is die implikasies finansies-gewys?

  2. Junie 28, 2011 om 3:11 nm

    Innibos is een van die heel lekkerste feeste. Ek sal dolgaag weer daar wil praat. Ek het egter geen idee wat die proses of koste-implikasies is nie, Bets. Die organiseerders sal seker vir mens kan sê. Ek is een keer na hulle boekeontbyt toe genooi en dit was een van die hoogtepunte in my loopbaan. Dis die eerste keer dat daar nie genoeg van my boeke was vir verkope na die tyd nie – en glo my daar was ‘n vrag. Ek verstaan egter dat hulle dit nou nie meer aanbied nie. Dis vreeslik jammer. Dit was regtig ‘n wonderlike ondervinding. Nie net as deelnemer nie, maar ook as gas.
    Daar is egter wel daardie bustoer Kaapsche Hoop toe waar die gaste deur een na die ander kunstenaar vergas word, maar ek weet nie of gewone skrywers ook daarheen genooi word nie.

    • 5 Bets Smith
      Junie 28, 2011 om 8:27 nm

      Ek sal bietjie uitvind. Ons beman juis van môre af ‘n stalletjie by InniBos. Ek sal bietjie by Allison probeer uitvind wanneer hulle weer so ‘n boekebrekvis hou. Wat ek eintlik bedoel het is: as ONS jou sou nooi Witrivier toe, hoe sal ons jou hier kry, ens, ens?

      • Junie 29, 2011 om 7:10 vm

        Skuus, ek is blond jy weet! Die beste is maar om met Suzann Prinsloo of Samatha Buitendach van Lapa se bemarkingsafdeling te skakel. Miskien pas hulle my nog die Donderdag in terwyl ek nou in elk geval daarbo is! Ek praat mos eers Vrydagaand in Nylstroom. Sal dit nou nie lekker wees nie. Dis dalk bietjie op die nippertjie vir almal, maar ek is game as julle iets kan regkry.

  3. 7 Bets Smith
    Junie 30, 2011 om 6:01 vm

    Ag heng, ek is so vas by die stalletjie, kom saans 11 uur by die huis en is soggens 7 uur alweer op pad. Ek sal eers na die tyd kan reël. Daar is juis ‘n LAPA stalletjie by InniBos met lotte van jou boeke. Dit sou nou lekker gewees het as jy sommer daar ‘n radio-onderhoud en tekensessie kon hou. Ek sal volgende jaar betyds iets probeer as dit nie die jaar werk nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Junie 2011
M T W T F S S
« May   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: