22
Oct
11

25 Oktober: Smul en gesels saam met Pieter Aspe en SA skrywers

Dinsdag, 25 Oktober, gaan ‘n ongelooflike geleentheid wees wat nie sommer weer herhaal sal word nie. LAPA vlieg spesiaal die groot Vlaamse misdaadskrywer, Pieter Aspe in.

Pieter Aspe (re Pierre Aspeslag) is  in 1953 in Brugge gebore en skryf reeds sedert 1996 voltyds. Hy word as dìe gewildste misdaadskrywer in Vlaandere en Nederland beskou. Hy het al meer as 1,5 miljoen boeke in België en Nederland verkoop. In 2001 ontvang hy die Hercule Poirot-prys vir een van sy boeke, Zoenoffer, en in 2002 die tydskrif Humo se Gouden Bladwijzer-toekenning. Hy is ook pas met die 2010 Knack Hercule Poirot-Oeuvreprys vereer. Aspe het Latynse wetenskappe by die Sint Leo Kollege in Brugge studeer. Hy woon tans saam met sy vrou Bernadette in Blakenberge.

Die Midasmoorde – Afrikaanse titel soos vertaal deur Daniël Hugo – is die tweede boek van ’n indrukwekkende en spannende reeks wat intussen ook tot etlike televisiereekse verwerk is. Die eerste boek is getiteld Die vierkant van die wraak. Kyk gerus na ’n lokprent hiervan op Youtube by Lokprent: Vierkant van wraak. Sy boeke is ook in verskillende tale naamlik Frans, Italiaans, Portugees, Pools, Duits, Spaans en nou ook in Afrikaans vertaal.

Aspe sal in gesprek wees met sy vertaler, Daniël Hugo. Hy sal ook deel vorm van ’n skrywerspaneel saam met Chanette Paul en Corlia Fourie, onder leiding van Karin Brynard. Dit is ‘n unieke geleentheid om saam met agt skrywers oor Bloemendal Restaurant se legendariese brunch te kuier en dan boonop nog vermaak te word deur Valiant Swart.

 

Daar is nog heelwat plek beskikbaar. Kom geniet al die lekkertes met ons. Dit gaan die boekekuier van die jaar wees.

Die funksie begin om 8h30, maar sal voor twee-uur klaar wees – vir dié van julle wat kinders by die skool moet gaan haal.😉

Kontak Marieta Nel by mnel@lapa.co.za vir meer besonderhede

Wat betaling betref, is daar drie maniere:

  1. By die LAPA-kantoor by die Tyger Waterfront.
  2. Elektronies aan LAPA –

ABSA
Takkode: 632005
Rekeningnaam: LAPA Uitgewers
Rekeningnommer: 040430105.

  1. Vir diegene wat sukkel om ‘n elektroniese oorbetaling aan LAPA te doen:

Marieta Nel,

ABSA 4061415840

Santyger 632005

Gebruik jou naam as verwysing. Marieta sal elke dag oorbetalings aan LAPA doen.


0 Responses to “25 Oktober: Smul en gesels saam met Pieter Aspe en SA skrywers”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Oktober 2011
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: