09
May
12

ʼn Skelm loer: Deel 1 van die Maanschijnbaai-tweeluik

Jo & Sue is sedert Julie op die rak .

Agterbladteks:

Maanschijnbaai – Jo en Sue

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ʼn ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ʼn verlede – met ʼn hoofletter V.

Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar.

As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak. Die M-baaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied.

As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan ʼn verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.

Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die Calitz-slette nie toe nie.

“Chanette Paul is bekend vir haar romans waarin lag en liefhê en spanning saamspan om ’n onvergeetlike leeservaring te word. Met Jo & Sue verras sy haar lesers met ’n familiedrama, die eerste deel in die Maanschijnbaai-tweeluik.” Jeanette Ferreira.

Maanschijnbaai: Nan & Jeannie, deel twee, sluit die tweeluik af.

Chanette Paul is ook die skrywer van die Davel-vroue wat bestaan uit sewe historiese liefdesromans, en die vyf romantiese spanningsromans wat bekend staan as die Gys Niemand-reeks.

ISBN: 978-0-7993-5542-0

Beskikbaar by onder andere:

Jo & Sue by Graffiti

kalahari.com: http://www.kalahari.com/books/Maanschijnbaai-Jo-Sue/632/45827131.aspx

Lapa: http://www.lapa.co.za/product-view/555/maanschijnbaai_jo_en_sue

Exclusive’s: http://www.exclus1ves.co.za/books/Maanschijnbaai-Jo-Sue-AuthorChanette-Paul


16 Responses to “ʼn Skelm loer: Deel 1 van die Maanschijnbaai-tweeluik”


  1. 1 Hanli Lamprecht
    Mei 9, 2012 om 1:55 nm

    Ai toggie… ek kan nie wag vir die nuwe boeke nie!!! Kan nie onthou wanneer laas ek so opgewonde was oor Afrikaanse boeke nie! Hou so aan Chanette, moet asseblief nooit ophou skryf nie.

  2. 3 Retha Fourie
    Mei 9, 2012 om 2:53 nm

    Wow Chanette dit klink great en ons kan nie wag nie! Dit is verdomp hoog tyd dat ek weer Afrikaans begin lees!

  3. 5 Retha Fourie
    Mei 9, 2012 om 2:55 nm

    Ek;s soooo baie jammer my e-pos adres was verkeerd! Hier volg die regte een:

  4. 6 Bets Smith
    Mei 9, 2012 om 4:10 nm

    Klink ‘n lekkerlees-boek, Chanette. Baie geluk, ook.

    • Mei 9, 2012 om 4:16 nm

      Dankie, Bets! Ek is aan die een kant effens benoud. Maar nou-ja, ek is altyd so ‘n bietjie benoud wanneer ‘n nuwe boek verskyn. Die Calitze is net sooo anders as die res😉

  5. Mei 16, 2012 om 11:36 vm

    Aiiii! Hoekom is Julie nog so ver? Kannie waggie!!

  6. Mei 17, 2012 om 9:52 nm

    Klink na iets wat ek ook sal geniet. Gaan jy ‘n paar saambring Kalfiefees toe?

  7. 14 Alta Cloete
    Mei 26, 2012 om 10:35 nm

    Chanette, YouTube ‘n bietjie vir Bruce Springsteen – Pink Cadillac – en Google die lirieke … baaaie sensueel …🙂

  8. 15 Lizette Venter
    Junie 24, 2014 om 5:10 nm

    HELLO CHANETTE!!! Vrou waar was jy al die tyd? jy is en bly die beste ek leef myself so in jou boeke ek is saam met die Calitz giRLS is hulle darem nou opregte mense!! Daai ou slette van ons moet n medalje kry. En daai bekke moet jammm kry. Hou aan met jou opwindende boeke. Dis soos manna uit die hemele!!!!! Daai pienk Cadillac moet nou spoed vang ons kan nie meer wag nie………..moet nooit ophou skryf nie! lovies Lizette


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar   Jun »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: