15
Nov
12

Graffiti se vyfde en die Kaapse Pienk Paartie

Twee sulke uiteenlopende maar wonderlike geleenthede! Elkeen was op sy eie manier geweldig spesiaal.

In September het Sophia Kapp ter viering van Graffiti se sy vyfde verjaardag met my oor die Calitze gesels. Sy het my laat bloos met haar voorlesing – moes sy nou wraggies Sue op haar ergste kies! – en my en die gehoor heerlik laat lag met haar kenmerkende reguit manier van vrae stel en uitsprake maak.  

Jo & Sue was toe al ʼn rukkie op die rak, maar Nan & Jeannie was nog warm van die drukkers af en dit was die eerste geleentheid waar dit te koop aangebied is. Ek dink nie ek het al ooit in my lewe op een slag so baie boeke geteken nie.  Dit was ʼn groot voorreg om my lesers op die manier te ontmoet, al was die kennismaking maar baie kort.

Baie dankie aan almal wat daar was, ook aan medeskrywers wat my kom ondersteun het! En baie dankie aan Leonie van Rensburg en haar span. Hierdie koningin van die Boek & Koek-tradisie, weet net hoe die ding gedoen moet word. Ook baie dankie aan Lapa wat die geleentheid moontlik gemaak het.

Die Kaapse Pienk Paartie in begin November is ook iets wat ek nie sommer sal vergeet nie.

Jy moet tien voor agt die oggend by die Lapa-kantore wees, word ek ingelig deur Marieta Nel van die Kaapse kantoor wat alles gereël het. Nou, as Marieta praat luister mens sonder om te veel vrae te vra.

En daar staan sy toe ek daar aankom. Nee, nie Marieta nie, ʼn pienk skip van ʼn kar. Waaragtig ʼn pienk Cadillac! Ek kry boonop ʼn glas pienk vonkelwyn en daar trek ek en my chauffeur. Wat ʼn belewenis. Ek het al vergeet hoe ʼn V8 enjin so onder mens kan vrrrroom. En mense staar en waai en fluit. En ek voel soos ʼn regte celeb!

By Café Delicieux aangekom, sien ek net kameras en pienk in elke moontlike skakering daarvan. Die hele restaurant lyk soos ʼn Barbara Cartland blomtuin en die gaste soos die blomme.

Weer was daar benewens lesers ook medeskrywers wat kom ondersteun het en Valiant Swart het regtig uit sy pad gegaan om daar te kan wees en boonop al vyf die liedjies te sing waarvoor ek gevra het – al moes hy die woorde van ʼn ou enetjie gaan opsoek!

Weer eens dankie aan almal wat dit bygewoon het en Lapa wat dit moontlik gemaak het.


3 Responses to “Graffiti se vyfde en die Kaapse Pienk Paartie”


  1. November 15, 2012 om 1:33 nm

    My wange raak pienk van plesier vir jou!

  2. 3 Engela
    November 15, 2012 om 7:47 nm

    Lief daai pienk Cadellac!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

November 2012
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: