17
Dec
12

Die draak se laaste asem

AngelMoon-Vintage-GraphicsFairy

Vroeg in Maart het ek verslag gedoen oor hoe my “jaar van die draak” weggespring het. (https://chanettepaul.wordpress.com/2012/03/09/2012-die-jaar-van-die-draak-die-eerste-tien-weke/)

Min het ek toe geweet dat daardie draak se asem die heeltyd in my nek gaan bly blaas en die kanse is goed  dat dit gaan aanhou blaas tot die Sjinese jaar op 9 Februarie 2013 eindig. Ek weet nie wat om van die “Jaar van die slang” wat op 10 Februarie 2013 begin te verwag nie. Ek hoop dit gaan rustiger.

Agterna beskou was dit ʼn woeste, maar goeie jaar. My blog het gely onder al die druk en die lang rukke wat ek dikwels van die huis af weg was, maar daar was baie hoogtepunte. Die verskyning van drie boeke, naamlik die Maanschijnbaai-tweeluik en Labirint, was natuurlik geweldig opwindend en so ook die wavrag bekendstellings wat daarmee saamgegaan het. Daar was egter ook ander lekkertes waaroor ek nie altyd tyd gehad het om te berig nie. 2012-12-17 08.04.37

Omdat ek bietjie flou is, het ek net ‘n klein galery gemaak van ʼn paar van hierdie lekkertes wat die afgelope jaar vir my opgelewer het.

Baie dankie vir almal se ondersteuning – hier op die blog, op Facebook, per e-pos en almal wat van die bekendstellingsgeleenthede bygewoon het.

Mag julle ʼn wonderlike feesgety beleef en genoeg krag kry vir ʼn baie voorspoedige nuwe jaar!


 

 

 

 

 

 

 


12 Responses to “Die draak se laaste asem”


  1. 1 Susan Steenkamp
    Desember 17, 2012 om 5:09 nm

    Chanette, Ek het nou al die hele reeks van die Davel susters gelees, so ook Springgety en Boheem. Die ander drie het ek ook, maar Labirint het my gelok om dit eers te lees. Amper klaar en is nuuskierig om die moordenaar se identiteit te sien. Jou boeke is net ongelooflik en dit lees so lekker!!! Ek kan die boeke nie neersit nie. Ek lees tot in die voertuie as my man bestuur. Bie dankie en voorspoed vir nuwe boeke en geseënde Kersfees. Susan Steenkamp in die Vrystaat.

  2. Desember 17, 2012 om 5:38 nm

    Jaar van die draak lyk of dit kleurvol en voorspoedig was. Hoe jy boonop 40 manuskripte ingepas het, weet net jy. Jaar van die SLANG? Dit voorspel mos hoeka nog moorde eerder as romanse. Ek hoop dit gaan nog ‘n heerlike jaar vir jou wees.

    • Desember 17, 2012 om 11:54 nm

      Dankie, Bets! Hoop dis vir jou ook ‘n heerlike jaar. Ja, kleurvol was dit gewis, maar die oorheersende kleur hier na die einde toe, was beslis pienk! Die 40 manuskripte klink dalk baie, maar vorige jare was dit nader aan 80 per jaar – verlede jaar 79 om presies te wees. Ek was dus ‘n bietjie laks, maar daar was my eie stories wat moes klaarkom. Slang …. moorde…. klink reg vir my.😉

      • 5 Bets Smith
        Desember 20, 2012 om 5:58 vm

        Ietswat laat onthou ek toe die storie van die slang wat sy stertjie insluk – die Neverending story se tema – en besef dit kan dalk ook lorries vol non-stop stories beteken vir 2013. Miskien moet ek begin uitsien na die jaar en net ophou knies oor ek nog nie kan ophou skoolhou nie!

      • Desember 20, 2012 om 6:37 vm

        Ek verstaan jou frustrasie met die skoolhouery alte goed, Bets. Ek voel weer so oor die manuskripontwikkeling, maar ongelukkig moet rekeninge betaal kom! Aan die anderkant is ek maar net te dankbaar dat ek ‘n werk het wat my genoeg tyd gee om te skryf en boonop ook stories behels – dus kan ek nie te veel kla nie.
        Ouroboros, die slang wat sy eie stert eet, is ‘n baie interessante simbool. Op sigself kan dit ‘n storie inspireer!

  3. 7 Bernice Barnard
    Desember 18, 2012 om 8:31 vm

    Hallo Chanette, ek het nou jou eerste boek in die Gys Niemand reeks gelees, Springgety. Dit was ‘n great boek en ek het so baie by Maja geleer. Ek gaan ook begin om briewe vir my pleegsorg kind te skryf sodat hy eendag weet waarom ek hom uit al die ander kinders gekies het. Ek kan nie wag om met Fortuin te begin nie….

    • Desember 20, 2012 om 6:20 vm

      Ek hoop jy geniet die res van die reeks ook, Bernice! Sommige lesers was nie baie gemaklik met die temas in Fortuin en Meetsnoer nie, terwyl ander weer juis die twee uitsonder as hulle gunstelinge. Ek hoor graag wat jy van Fortuin dink. Lekker lees!

  4. 9 Engela
    Desember 19, 2012 om 5:22 nm

    Hi Chanette
    Ek kon seker dink dat die Rivierboot in Labirint regtig bestaan? Het die boek baie geniet!

    • Desember 20, 2012 om 6:24 vm

      Hallo Engela. Ek hoop nie jy gee om dat ek ‘n deel van jou kommentaar weggelaat het nie, maar dit het net so ‘n bietjie te veel verklap aan lesers wat nog nie die boek gelees het nie. Ek is baie bly jy het die boek geniet!

  5. 11 Biate
    Desember 26, 2012 om 6:50 nm

    Ek het hierdie jaar die Chinese se vierding van hul nuwe jaar in Johannesburg bygewoon en met die loslaat van daardie lanterintjies het ek nogals gehoop vir ‘n stil en rustige jaar. Maar dit klink vir my 2012 was vir almal ‘n dol jaar. Ek hoop dat 2013 ‘n wonderlike jaar sal wees. Vol hoop, baie liefde en tonne geluk en armsvol Jesus Blessings.

    En ek hoop vir nog baie stories soos Labirint. En die stories van Sue, Nan en die res. Nog stories soos daai gaan my 2013 behoorlik opkikker.

    XxX

    • Mei 4, 2013 om 3:37 nm

      Jinne, Biate, ek kan nie glo ek sien nou eers jou kommentaar hier nie! Dit moes ‘n wonderlike gesig gewees het om die lanterntjies te sien opstyg. En baie dankie vir die mooi wense. Die volgende boek is in sig. Siende blind verskyn in Julie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Desember 2012
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: