14
Jan
13

So ʼn blivetse storie!

6a00d8341c5dea53ef014e5fd55a69970c-800wiNavorsing is ʼn wonderlike ding. Ek dink ek het meer geleer uit navorsing wat ek vir my boeke doen as in die elf jaar wat ek aan universiteite gestudeer het.

Op universiteit leer mens baie oor ʼn bietjie. In my navorsing leer ek bietjie, of net genoeg, oor baie.

My nuwe manuskrip se werkstitel is Duiwelsvurk. Ek het dit gekies voor ek besef het daar het pas ʼn boek uitgekom met die titel Duiwelsklip. Ek en my uitgewer sal maar moet koppe bymekaar sit en besluit of daar moontlik verwarring sal wees as ek hou by Duiwelsvurk. Ek hoop egter ek kan, want daar was selde ʼn meer gepaste titel vir ʼn storie wat ek nou nog probeer ontsyfer.

Dit het ek besef toe ek begin navorsing doen het oor duiwelsvurke en by die blivet uitgekom het.

Volgens Wikipedia:

blivet, also known as a poiuytdevil’s fork or widget, is an undecipherable figure, an optical illusion and an impossible object. It appears to have three cylindrical prongs at one end which then mysteriously transform into two rectangular prongs at the other end.

Dis hoe ʼn paar voorbeelde lyk:

220px-Poiuyt.svg  200px-Blivet  6a00d8341c5dea53ef014e5fd566d9970c-800wi

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maar daar is natuurlik slim mense wat hierdie konsep verder neem soos hieronder.

RogerHaywardUndecidable_Monument  driehoek  5_legged_elephant  penrose stair

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Aanvanklik was die konsep van die blivet vir my bloot interessant. Hoe verder egter aan die storie skryf, hoe meer kom ek agter dat hierdie storie soos die blivet is. Net as ek dink ek weet nou waarheen iets gaan lei, of nou het ek ʼn prentjie van wat vorentoe gaan gebeur, of nou verstaan ek my storie, gebeur daar iets anders en sit ek met die gevoel dat ek na ʼn optiese illusie kyk.

Cara, my hoofkarakter, sit met dieselfde probleem. Sy dink kort-kort sy weet nou waar haar probleme vandaan kom en net mooi as sy dink sy het die een deel van haar probleem opgelos, vervorm die prentjie weer en sien sy ʼn ander beeld van dieselfde ding.

Tussen die twee van ons gaan ons hierdie blivetse storie moet uitwerk. Dis hoekom ek môre, 15 Januarie, weer vir amper drie weke suidste punt toe gaan – om te sien of ons kan agterkom hoeveel tande die duiwelsvurk het, asook wat eg is en wat bloot illusie. En dan moet ons natuurlik uitvind wie die blivetse mens is wat agter die duiwelsvurk sit.

Ek hoop dis ʼn heerlike jaar vir julle almal!


9 Responses to “So ʼn blivetse storie!”


  1. 1 karen
    Januarie 14, 2013 om 12:46 nm

    Klink baie interesant! Geniet die weg skryf. Ek het Labirint spesiaal vir die desember vakansie gebere en dit vreeslik geniet. Soos altyd!

  2. 3 Bets Smith
    Januarie 14, 2013 om 2:53 nm

    Ons het ‘n hele paar van daai blivetse goeters by die skool. Totaal verwarrend. Laat my dom voel. Dit lyk nes die trappe by Hogworths in die Harry Potter stories. Ek hoop jou storie konvoes jou nie heeltemal nie. Sterkte met die skrywery. Onthou net party lesers soos ek is dom. Dit gaan mooi eksplain kos om my die puzzle te laat verstaan.

    • Januarie 14, 2013 om 3:17 nm

      Dankie, Bets! As JY dom is, kry ek die res van die mensdom jammer.😉 Ek hoop maar ek kry die ding uitgefiegger. Maar ek sal waaragtig nooit verstaan hoe mens jou so kan vasknoop in jou eie storie nie. Ek is veronderstel om die baas te wees, dan nie?

      • Januarie 15, 2013 om 2:58 nm

        Baie geluk met die wen van die Lekkerlit!! Hoop jy kry ‘n lekker tjekkie daarvoor. Ek het die Maanschijnbaaiers vreeslik geniet. Het jy in jou navorsing op M C Esher se werk afgekom?? Jy ken dit seker, maar indien nie, Google dit gerus! Hy’s ‘n absolute meester van optiese illusie. Geniet jou wegskryf!

  3. Januarie 15, 2013 om 5:34 nm

    Baie dankie, Madelie! Daai tjekkie gaan ‘n paar gate baie lekker kan toestop, dis vir seker. Ek gaan gewis Escher google. Dankie vir die inligting. Nou moet my blivetse internet net regkom. Ek sukkel my halfdood. As die sein nie verdwyn nie, is die “device” soek!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Januarie 2013
M T W T F S S
« Dec   Apr »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: