03
Aug
13

Chanette Paul en Johan Kruger @ Die Kalfiefees

image0022Chanette Paul en Johan Kruger @ Die Kalfiefeesimage0011

Johan Kruger, skrywer van Die Vloek, en Chanette Paul, skrywer van Siende Blind, sal tydens die Kalfiefees op Hermanus oor hulle werk gesels.

Die onderhoudvoerder is Izak de Vries van LAPA Uitgewers. LAPA sal ook ’n boekuitstalling hou.

Waar: De Voorskooten Restaurant, Aberdeenstraat 4, Hermanus

de-voorskooten

Wanneer: Vrydag 9 Augustus en Saterdag 10 Augustus

Hoe laat: 15:00

Toegang: R50, dit sluit verversings in

Kaartjies: By die deur

Telefoonnommer: 028 312 2689

http://www.kalfiefees-hermanus.co.za/

Die Vloek

Die hoofkarakter, Alwyn Baayenhoek, is ’n suksesvolle prokureur in Pretoria. Hy word binne die bestek van ’n paar weke met verskeie krisisse in sy lewe gekonfronteer: ’n grondeis op die familieplaas, sy onredelike korrelkoppa wat verhoudinge met getroue werkers vertroebel, ’n komplekse opdrag van ’n Switserse maatskappy om ’n lughawe te bou, spanning in sy huwelik en die verbreking van ’n jarelange vriendskap vanweë ’n vriend se onetiese gedrag. Om alles te kroon, loop hy dan ’n familielid raak van wie se bestaan wat hy nooit geweet het nie.

Dié lekker verhaal strek oor ’n bietjie langer as ’n eeu, beginnende by Kortpeet Baayenhoek en Mara wat as pioniers op die plaas Rietvallei kom woon tydens die Anglo-Boereoorlog. Die versteuring van ’n graf veroorsaak dat iemand van die Sekhukhunestam ’n vloek oor Peet uitspreek en “almal van jou wat die water drink”. Die vloek word eers verbreek in die vyfde geslag – omdat Alwyn die insig het om die verneuke van die verlede reg te maak.

Hierdie teks vorm ’n drieluik met Anna M. Louw se Kroniek van Perdepoort en Etienne van Heerden se Toorberg. ’n Moetlees en ’n genotvolle bespreking wat wag.

Dr. Johan Kruger werk gereeld as waarnemende regter, wanneer hy nie tyd saam met sy gesin op die plaas geniet nie.

Siende Blind

Siende blind is ’n spel van gesteelde identiteite en verskuilde agendas. Cara van Dijk het om den brode begin romanses skryf – dink aan Mills & Boons. Sy is baie goed betaal hiervoor, maar haar skatryk pa, Karel van der Linde, en snobistiese man, die beeldhouer Paul van Dijk, dwing haar om ’n skuilnaam, Mignon Maydon, te gebruik. Cara bewaak haar skuilnaam baie goed, want toe sy besluit om ’n volle roman, When we belong, te skryf, is daar talle raakpunte met haar eie gesin se doen en late.

When we belong word ’n internasionale treffer en Cara word ryk. Toe plof haar wêreld egter in duie. Haar man skei haar en ’n slim kuberkraker neem haar Mignon Maydon se identiteit oor. Nie net Cara se geld nie, maar haar hele skrywersbestaan word bedreig. Toe ’n aantal mense ná aan haar boonop genadeloos vermoor word, besef Cara dat sy nou vir veel meer as haar loopbaan sal moet veg – haar lewe is op die spel.

Siende blind is ook ’n roman oor die skryfproses. Dis ’n metateks waarin Chanette, sonder om ooit hoogdrawendheid te wees, kommentaar lewer oor die skryfproses en die manier waarop die publiek met skrywers en boeke omgaan. Moet nooit jou oë glo nie, want tot op die laaste bladsy is jy siende blind!

Chanette is ’n skrywer en manuskripontwikkelaar. Siende blind is reeds haar 38ste roman.


0 Responses to “Chanette Paul en Johan Kruger @ Die Kalfiefees”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Augustus 2013
M T W T F S S
« Jun   Sep »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: