29
Dec
13

2013 – ʼn Jaar met vele aansigte: Januarie – Junie

2013Dit was ʼn opwindende jaar met baie hoogtepunte. Daar was egter ook ʼn hele paar rampspoedighede en hartseer. Omdat dit ook ʼn baie bedrywige jaar was, het my blog grotendeels agterweë gebly. Ek haal hier ʼn bietjie in oor wat in die eerste ses maande gebeur het op sowel skryf- as huisfront.

Januarie

Ek skryf nog aan Siende Blind en sukkel bietjie om weer die klou by die oor te bring. Lees meer daaroor by https://chanettepaul.wordpress.com/2013/01/18/gesoekdie-bevrore-hoender/

asook by  https://chanettepaul.wordpress.com/2013/01/14/so-n-blivetse-storie/ .

In daardie stadium is ek bekommerd oor die titel wat toe nog Duiwelsvurk was.

ʼn Oulike artikel oor my, Karin Brynard en Riana Mouton verskyn in die Januarie uitgawe van die Rooirose.

Huis 078Die Visvrou, my skryfhuis en Blom se wegbreekhuis, is in aanbou en ek bring meeste van die tyd in ʼn gehuurde kothuisie daar naby deur terwyl ek worstel om my skryfwerk en bouwerk in balans te hou. Blom werk op die River Rat en kan hom nie draai nie.

Februarie

2013-02-10 09.19.41Skryf en bou, bou en skryf!

Maart

By die Woordfees voer Francois Bloemhof ʼn gesprek met my oor Labirint. Ek sit ook in die fasiliteerderstoel by Knorhoek se wonderlik Towerbosch-restaurant en gesels met die sjarmante Deon Meyer oor sy uiters suksesvolle loopbaan as skrywer. Artikel Burger

2013-03-05 00.03.38En ek en Blom is 111 maande bymekaar. Hy reken darem nie dis ‘n Nelson nie en verras my die oggend met dié klein uitstalling op die stoep van die gastehuis!

ʼn Paar dae later is dit Pretoria toe waar ek prys vir Die Lekkerlit Boek van die Jaar in ontvangs neem vir Maanschijnbaai: Jo & Sue.

Dis vir my ʼn baie spesiale prys aangesien dit lesers is wat die wenner tussen tien wonderlike boeke aangewys het. Lekkerlit prysoorhandiging

2013-02-12 04.33.48

Aan die einde van Maart trek ons met ʼn paar stukkies meubels in die Visvrou in. Dit voel meer soos kamp en alles eggo van die leegtes, maar my hart loop oor. Dis hier waar ek Siende Blind afrond.

Daar is darem ook tyd vir Earth Hour wat ons jaarliks op Stanford se meent hou. 

2013-03-23 11.25.03

April

Ek skryf dat ek hik en weet later nie meer watter kant toe nie omdat die storie vir my al meer soos my eie persoonlike blivet begin voel.

Siende Blind se finale manuskrip word egter aan die einde van die maand ingestuur en die produksieproses begin.

2013-04-19 04.48.34Op ‘n lieflike herfsdag hou ons ook ons eerste brunch op die Visvrou se bostoep.

Mei

Vroeg in Mei het ek min of meer probeer opvang met die jaar se gebeure tot indaardie stadium.

 

Lees meer by https://chanettepaul.wordpress.com/2013/05/04/opvangslag/#more-1175

2013-05-03 04.21.50Kwêla het kom kuier en die program is in Oktober gebeeldsaai. Susan Booyens was die aanbieder ek het tesame met Riaan, wat die regie gedoen het en Johan, die kameraman, ʼn pragtige insetsel daarvan gemaak. Dit was boonop heerlik om met die drie interessante mense te kuier.

April chanette paul dag 002Ek kuier ʼn paar dae later ook heerlik saam met die Bredasdorp leeskring en vertrek later as wat ek beplan het Franschhoek toe vir die PEG-kursus wat ek saam met Izak de Vries aanbied oor die redigering van romantiese fiksie.DSCF1269

Ook in Mei, terwyl Siende blind deur die produksieproses gaan, begin ek aan Raaiselspieël skryf. Dit het baie gehelp dat ek in my nuwe skryfhuis kon werk. Die skryfdeel verloop aanvanklik relatief vinnig, maar daar was soveel ander dinge wat tussenin gekom het, dat dit later vir my voel asof dit vir ewig vat!

 Junie

2013-06-15 03.33.43Op 15 Junie durf ons, soos nou ʼn jaarlikse gebeurtenis op Stanford is, die yskoue Kleine Rivier aan in die Penguin Plunge. Ek wen ʼn bottel Jeripigo vir die koudste liggaamstemperatuur wat daardie dag gemeet is!

Gerard Scholtz en Jorrie van DeKatTV kom kuier en die program word uitgesaai op 3 November. Dis net vier minute lank maar ek dink dit het baie mooi uitgekom. 2013-06-26 03.20.50

IMG_1542

Ons wei ook die Visvrou behoorlik  in met ons eerste alikreukeloes! Teen dié tyd het ons darem al ‘n paar meubelstukke bymekaar geskraap gekry.

En toe ons weer ons oë uitvee, is die eerste helfte van die jaar verby.

Soos hulle in die tydskrifte sê: Word vervolg.


2 Responses to “2013 – ʼn Jaar met vele aansigte: Januarie – Junie”


  1. 1 Retha Fourie
    Desember 29, 2013 om 6:32 nm

    Chanette dit was ‘n stunning jaar vir jou en Blom en “doen so voort”!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Desember 2013
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: