05
Jun
15

Labirint maak ‘n tweede draai

labirint-high-res

LABIRINT, splinternuut aangetrek en weer op die rak van 15 Junie af!

Beskikbaar by onder meer Graffti Boeke:

http://www.graffitiboeke.co.za/index.php?page-id=book&book-id=14342&title=Labirint

Resensie:

– Beeld 2012-11-11

Eietyds en byderwets geslyp
Annari van der Merwe

Vir Vasti de Leeuw, die hooffiguur in Labirint, verwys dié woord na “’n enkelroete wat sonder moeite na die kern en terug gevolg kan word.

In ’n doolhof, daarenteen, is daar meer as een roete na die kern … Die doolhofskepper probeer die dwaler verwar en uitoorlê, vasvang in die web van die roete.”
Vasti, kunsskilder, bevind haar in ’n emosionele doolhof sodat sy nie die belofte van buitengewone begaafdheid gestand kan doen nie.

Die verhaal vertel van haar volgehoue poging om haar pad uit hierdie doolhof te vind sodat sy weer soos vroeër kan skilder.

Dis ’n haas onmoontlike taak: Haar eks, met wie haar lewe al sedert haar studentejare op Potch verstrengel is, is ’n geweldenaar van wie sy voortdurend wegvlug.

Sy vlug na haar geboorte-omgewing iewers in die Overberg. As sy gedink het sy sal hier in haar grootouers se huis ’n veilige hawe vind, het sy haar erg misgis.

Nie net begin haar eks haar weer treiter nie, maar omtrent almal op die twee aangrensende dorpies blyk verwant te wees, ongure familiegeheime kom na vore en binne drie maande sterf agt mense raaiselagtig.

Op een na word moord vermoed; boonop was al agt se lewens op een of ander manier met Vasti s’n ver­strengel. Byna tot op die laaste bladsy is Vasti onseker wie sy kan vertrou.

Chanette Paul skryf met ’n geoefende hand, ryke verbeelding en wye verwysingswêreld wat getuig van deeglike navorsing.

Sy weet hoe om ’n spanningsvolle doolhof van ’n intrige te skep.

Hoewel sy ’n heerlik fiktiewe wêreld uitbeeld, is dit tog ’n herkenbare werklikheid wat sy oproep, eietyds en byderwets Afrikaans.


0 Responses to “Labirint maak ‘n tweede draai”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Junie 2015
M T W T F S S
« Apr   Oct »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: