21
Jun
16

As jy nie my nuusbrief ontvang het nie…

 

Junie - foto 2Die slegte nuus:
My nuusbrief wat eers veronderstel was om maandeliks gestuur te word, en toe tweemaandeliks, kan ek ongelukkig nou net sporadies baasraak. My werklading is net van so aard dat ek soms vir maande nie daarby kan uitkom nie. Dis wat gebeur het sedert November verlede jaar tot nou.

Die goeie nuus:

Noudat Offerande, wat my so besig gehou het, in kanne en kruike is, sal ek steeds my bes probeer om so dikwels moontlik wel ʼn nuusbrief uit te stuur.

Die probleem:

Ek moes 24 name van my adreslys skrap omdat ek ingelig is dat die nuusbrief onaflewerbaar is.

Die oplossing:

As jy nie my nuusbrief van 21 Junie 2016 ontvang het nie en jy wil steeds op die nuusbrief ingeteken bly, stuur asseblief jou e-posadres vir my na chanettepaul@gmail.com sodat ek jou weer op die adreslys kan plaas.

Jy is uiteraard ook welkom om jou adres vir my te stuur as jy die nuusbrief wil ontvang, maar nie vantevore daarop ingeteken was nie.

Baie dankie aan die wat ingeteken is, my nuusbrief lees en vir die lekker terugvoer daarop. Dis vir my heerlik om so met my lesers in kontak te bly.

 


4 Responses to “As jy nie my nuusbrief ontvang het nie…”


  1. 1 Ansie
    Junie 21, 2016 om 1:21 nm

    Is Offerande nou al beskikbaar? Ek het gedink die opvolg op Offerlam gaan Brandoffer wees of het ek iets nie lekker reg nie? Maar dit maak nie saak nie net solank daar nou n nuwe boek is!!!

  2. 3 Lerinda Ellis
    Oktober 14, 2016 om 2:35 nm

    Chanette, ek het sopas Raaiselspieël klaar gelees. Paar weke terug Ewebeeld en Siende Blind gelees en jare terug Springety, Boheem en Fortuin. Ek het Springety al drie keer gekoop want ek leen die dekselse boeke uit, en almal weet hoe boeke uitleen werk….. op ou end koop jy daardie selfde boek weer. Ek kan dus sê dat ek die trotse eienaar van al drie die omslae van Springety is/was. Die eerste omslag bly my gunsteling.

    Nou val ek in my eie sop. Ek was in die joernalistiek vi baie jare. Eerste keer wat ek jou ontmoet het was op Skryfkursus werkswinkel op Potch 1999. Hersfskool dink ek is dit in daardie jare genoem. Daarna het ek net vir die interessantheid daarvan ook ‘n roman skryf werkswinkel by jou bygewoon wat jy aangebied het toe jy nog in Schoemansville gebly het.

    Ek was nooit regtig van plan om ‘n boek te skryf nie. Dit was maar net deel van my joernalistieke nuuskierigheid om te probeer uitvind hoe skrywers ‘n fiksie storie aanmekaar sit.

    Ek het heelwat meer van jou boeke gelees as wat ek hier genoem het. Ek onthou van jou eerste liefdesverhale wat jy geskryf het. Heelwat dunner as jou boeke van vandag. Een was van ‘n girl wat na ‘n eiland gaan om wie weet wat te vergeet en sy het klere ontwerp ens ens. Droomvanger en Vlerke vir ‘n Visvrou ook gelees.

    Ek is twaalf jaar lank nie meer in joernalistiek betrokke nie. Werk nou al elf jaar met diere se energie. My nering gevind. Geskei en vyf jaar terug weer getroud. Liefde van my lewe gevind na ‘n huwelik van amper drie en twintig jaar. Baie geleer. Wysheid bekom. No regrets.

    Weer uit my sop klim. Chanette, jy is ‘n awesome mens en ‘n awesome skrywer. Ek noem dit apart want die twee loop nie noodwendig hand aan hand nie. Jou nederigheid het my al in1999 opgeval. Meer boeke as meeste ander skrywers geskryf, maar plat op die aarde gebly.

    Ek kan nie vi jou sê hoe ek jou boeke geniet nie. Jy hou mens altyd geïnteresseerd en bly respek betoon vir elkeen van jou karakters. Maak nie saak hoe ‘n groot skurk hy of sy veronderstel is om in jou storie te wees nie.

    Ek is seker meer mense geniet die meer voller figuur van sommige van jou heldinne. Dan praat ek nie eers van die wonderlike wes en suidkus wat jy as agtergrond in soveel van jou verhale gebruik nie. Ek raak sommer net weg in daardie prentjie mooi wêreld met regte egte karakters.

    Ek geniet dit om te lees hoe jou beskrywings gegaan het van gewone jong, jeukerig en redelik reguit seks tot by wat werklik in mens se lyf en geheue agterbly. Dis net ouderdom en ervaring wat dit meebring. Ek is seker ek is nie al een van ons ouer lesers wat hierdie nuwe uitbeelding geniet nie.

    Offerlam lê op my boekrak. Kan nie wag om dit te begin lees nie. Labarint is uit druk uit. Sal dit koop sodra dit weer op die rakke is.

    Hoop jy bly net aanhou skryf. Ek is so bly dat van jou boeke nou vertaal word. Jy maak hierdie wêreld ‘n beter plek.

    Groete
    Lerinda.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Junie 2016
M T W T F S S
« Nov   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: