24
Aug
16

Gys Niemand kom weer – vir die derde keer

Springgety 2016 fin voorblad

2016

SPRINGGETY26

2007

Springgety (2de Uitgawe) voorblad comp

2011

Die dag toe Gys Niemand in 2007 die storie waaraan ek skryf binnegestap het, was hy in my gedagtes bloot ʼn irriterende noodwendigheid. Daar het moorde op Kruisbaai plaasgevind en êrens, het ek besef, moes daar seker maar ʼn speurder betrokke wees al wil ek eintlik net Lily Reynecke se storie skryf.

Min het ek toe geweet dat die man met sy bles, boep en snor vir meer as drie jaar en vyf boeke lank, deel van my lewe sou word. Nog minder het ek gedink hy sal so gewild onder lesers word dat die reeks later sy naam sou dra. Ek het ook toe nog glad nie besef dat sy bewondering vir sy niggie, Gertjie Niemand, daartoe sou lei dat lesers uiteindelik meer belang sou stel in Gys en Gertjie se verhouding, as in die moorde wat ek met soveel moeite laat pleeg en probeer ontrafel het nie. Dat ek kort-kort ʼn e-pos sou kry wat vra: Wanneer kom Gys en Gertjie nou uiteindelik bymekaar?

En nou, nege jaar nadat Gys my lewe binnegedring en my stories oorgeneem het, moes ek en Gys weer ʼn paadjie saamstap.

Die afgelope maande het ek Gys herontdek terwyl ek al vyf die boeke moes redigeer vir die splinternuwe uitgawe van die hele reeks. Ek dink ek verstaan nou beter waarom Gys en Gertjie so gewild is, waarom lesers hulle met dié twee kon identifiseer. Dit was ʼn baie aangename herontmoeting.

Hier gaan ons weer, Gys! Vir die derde keer. En dié keer dra die omslae trots jou naam.

Springgety 2016 fin

Springgety kan reeds vooraf bestel word:

Springgety by Graffiti

Die vyf Gys Niemand-boeke verskyn van September maand af in hulle nuwe baadjies.

Springgety – September 2016

Fortuin – Oktober 2016

Boheem – November 2016

Meetsnoer – Desember 2016

Dryfhout – Januarie 2017

Die proloë van al vyf boeke kan gelees word by

Proloe-gys-niemand-reeks 

 


6 Responses to “Gys Niemand kom weer – vir die derde keer”


  1. 1 Jeanette Fouche
    Augustus 24, 2016 om 2:26 nm

    Gys voel al soos familie, jy sal hom beslis nog ‘n hele paar moorde moet laat oplos!

  2. 3 Koekoes Calitz
    Augustus 24, 2016 om 5:36 nm

    Wanneer sal Offerland op rak wees?

  3. Augustus 24, 2016 om 11:52 nm

    Dis ‘n WONDERLIKE reeks!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Augustus 2016
M T W T F S S
« Jun   Oct »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: