9 Responses to “Die Daveltjies”


  1. Oktober 6, 2013 om 1:35 nm

    Ek het Tamara baie geniet, dankie. Ek hou van haar. Sy’s ‘n sterk vrou wat planne maak in moeilike omstandighede.

  2. Oktober 13, 2013 om 6:49 nm

    Hoekom het ek Willemien soveel geniet? Wel, sy is natuurlik ‘n pragtige boerenooi wat uitgestyg het bo hasr omstandighede, en natuurlik die reisstorie. Lekker! 2 Eienskappe waarmee ek maklik kan assosieer. Dankie Chanette, dit was weer eens lekker leesgenot.

  3. 4 Carien de Lange
    Maart 8, 2014 om 4:42 nm

    Die Davel Vroue reeks is werklik die beste wat ek nog tot dusver gelees het. Ek sal dit baie graag as televisie reeks ook wil sien.

    • Maart 8, 2014 om 4:52 nm

      Ek is baie bly jy het die Daveltjies so geniet, Carien! My ma het ook altyd gesê dit sal ‘n lekker TV-reeks maak. Miskien sien iemand in die bedryf dit nog eendag raak en dink ook so. Kom ons hou duimvas!:)

  4. 6 Jacqueline
    Februarie 9, 2016 om 9:40 vm

    Hi, die Davel reeks is my gunsteling boeke, ek het dit seker al 3 keer oor gelees. Is daar enige kans dat die reeks uitgebrei kan word, met die davel kinders??? Of n soortgelyke reeks?? Dit sal wonderlik wees!

    • Februarie 9, 2016 om 10:12 vm

      Hallo Jacqueline. Dis so lekker om te hoor jy geniet die Daveltjies oor en oor! Ek het in een stadium daaraan gedink om Tamara se kleinkinders se stories ook te ondersoek, maar het daarteen besluit omdat ek graag spanningsromans wou skryf. Vir die afsienbare toekoms is dit waar my prioriteit lê, maar wie weet? Dalk kry ek op ‘n dag die bevlieging om terug te keer na die Davel-familie. Dit sal egter nie binnekort wees nie.

  5. 8 Susan
    Desember 6, 2016 om 10:23 vm

    Hallo ek het al 7 van die Daveltjies vreeslik baie geniet. het gister met fleur klaar gemaak en nou verlang ek sommer na hulle. ek het so deel geword van die stories dat hulle soos familie voel. Mary ‘n was beslis my gunsteling want ek hou ook van kook bak en kombuis dinge. ek het dit ook baie geniet om te lees hoe dinge in die “ou” tyd gewerk het. ons leef in sulke gemak deesdae dat ons soms vergeet van ons voorouers sen stryd. Ek wens jy wil aan gaan en nog boeke oor die kinders skryf. wat het van klein Joshua en pippa hulle geword. daar het weer soveel dinge gebeur tussen 1938 en 2016 dat jy beslis nog 3 reekse kan skryf.

    • Desember 6, 2016 om 11:05 vm

      Hallo Susan. Dis heerlik om te hoor jy het die Daveltjies geniet! Maryn was ook my ma se gunsteling alhoewel sy nie mooi kon besluit tussen haar en Tamara nie. Ek hoop om eendag dalk nog ‘n Daveltjie of twee te skryf, maar nie in die afsienbare toekoms nie. Eintlik is ek ‘n bietjie bang dat ek nie meer reg sal kan laat geskied aan die reeks nie. 😉 Maar wie weet, dalk begin ek eendag ‘n hele nuwe reeks wat ná die Tweede Wêreldoorlog afspeel. Ek moet maar luister hoe die muse my lei.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 154 other followers

Augustus 2017
M D W T V S S
« Mei    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

%d bloggers like this: