Skakels na my boeke by aanlynboekwinkels:

Chanette Paul-boeke op kalahari.net                                         Chanette Paul-boeke by Graffiti Boeke

Chanette Paul-Boeke by Loot                                                     Chanette Paul boeke by Lapa

Gys betree nou ook die elektroniese era!

Twee boeke in die reeks is tot dusver beskikbaar as e-boeke:

http://www.kalahari.com/digitaldownloads/Boheem-eBook/80175/46330062.aspx

http://www.kalahari.com/digitaldownloads/Dryfhout-eBook/80175/46330063.aspx

Die Gyse in volgorde:


8 Responses to “Die Gys Niemand-reeks”


  1. 1 Jean Meiring Heine
    Maart 24, 2014 om 11:56 vm

    Hello Chanette,

    Dankie vir die Gys Niemand reeks. My seun het die boeke aangekoop en ek het dit verslind. Al vyf die boeke is baie insiggewend. So leer die leser oor onderwerpe waarin ons andersins ons nie juis sou steur nie.

    Ek is dol oor die huisies se uitleg in Fortuin en woedend vir die inhalige, fake, predikant in Meetsnoer. Is net bly dat Gys en sy Gertjie uiteindelik tot trou kon kom.

    As ek miljoene rande gehad het, sou ek ‘n fliekmaker genader het en al vyf die reekse op die groot doek laat seevier het.

    Dankie,
    Jean Heine

    • Maart 24, 2014 om 2:21 nm

      Liewe Jean,
      Dis so lekker om te hoor jy kon jou so inleef in die stories en so meeleef met die karakters!
      Jy is een van vele lesers wat graag wil sien dat flieks gemaak word van die stories, maar die eerste wat bereid sou wees om die geld voor te skiet!🙂 Miskien fluister iemand eendag iets in ‘n filmmaker se oor. Wie weet.
      O, en baie oulike seun wat jy het. Ek is so bly hy het jou aan Gys-hulle bekendgestel.
      Mooi bly en lekker lees
      Chanette

  2. 3 Elfrieda
    September 21, 2014 om 6:39 nm

    Chanette,

    Baie dankie vir die uitstekende reeks, ongelukkig kon ek nog nie Fortuin te lese kry in ons plaaslike biblioteek nie, maar die ander is fantastes. Ek het grootgeword met ‘n pa wat ‘n visvangliefhebber was, en al die visvanggate van Hermanus tot by die Dam geken het. Nodeloos om te sê dat ons naweke en vakansietye êrens langs die kus spandeer het. My oupa het weer al die jare op Stanford gebly tot kort voor sy dood.

    In my geestesoog het ek hierdie stories daar langs die kus sien afspeel en eers toe ek nou pas vir Dryfhout klaargelees het, het ek agterin die boek ontdek jy bly ook in Stanford. Wat ‘n pragtige klein dorpie is dit nie.

    Dankie dat Gys uiteindelik ook sy Gertjie gekry het. Ek het later vir sy part gefrustreerd geraak, maar ook met hom omdat hy so stiksiennig was.

    Hou aan met die wonderlike verbeeldingsvlugte. Ek is lanklaas so meegesleur deur stories.

    Nogmaals dankie dat jy dit vir ons ook moontlik maak om sulke wonderlike verbeeldingsvlugte te kan neem.

    Groete

    Elfrieda

  3. 4 susan
    Junie 5, 2015 om 2:41 nm

    HI Chanette,ek het drie van die Gys Niemand boeke.Boheem,Meetsnoer en Dryfhout.Ek is verslaaf aan die spannings verhale maar kon egter nie Springety en Fortuin kry nie omdat altwee glo uit druk is.Is daar n moonlikheid dat iemand my kan se waar kan ek die twee boeke opspoor asb.Een vragie is daar nog Chanette Paul boeke wat ook vol spanning is soos Gys Niemand reeks?Baie dankie ek het Boheem geniet een van die beste boeke wat ek in lank tyd gelees het.

    • Junie 5, 2015 om 2:52 nm

      Hallo Susan.
      Springgety is beslis uit druk, maar Fortuin sal jy dalk nog by Lapa Uitgewers kan kry. Hulle kontakadres is lapa@lapa.co.za of skakel hulle by (012) 401 0700..
      Die goeie nuus is egter dat die hele Gys Niemand-reeks herdruk gaan word. Ek is nie seker wanneer nie, maar Springgety sal eerste in die pyplyn wees.
      My ander spanningsromans is Labirint, Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld.
      Dis heerlik om te hoor jy het Boheem so geniet en hoop jy geniet die ander netso.
      Lekker lees!

  4. 6 susan
    Junie 5, 2015 om 3:02 nm

    Dankie Chanette ek het egter al Labirint.Siende blind,Raaiselspieèl en Ewebeeld ook gekoop,en lankal gelees.Sal maar wag tot hulle herdruk word.Ek koop al my boeke by Bargain Books wat hul voorraad van Lapa uitgewers ontvang en hul het my verseker Fortuin ook nie meer beskikbaar nie.Baie dankie hoop daar volg sommer nog baie spannings verhale……

    • Junie 5, 2015 om 3:32 nm

      Ek hoop ek kan binnekort goeie nuus gee oor die twee boeke!

      Het jy al die Maanschiijnbaai-tweeluik probeer? Dis nie spanningsromans per se nie, maar daar is darem heelwat spanning ook in. Deel 1 is Jo & Sue en Deel 2 is Nan & Jeannie (moet in volgorde gelees word).

      Ek werk tans aan nog ‘n tweeluik wat wel spanningsromans is. Die eerste deel, Offerlam, verskyn hopelik in November. Hoop dis ‘n troos.🙂

  5. 8 susan
    Junie 8, 2015 om 12:37 nm

    Baie dankie Chanette sal defnitief kyk vir die boeke.Kan nie wag vir November sin nie.Sal bly wees vir nuus oor herdruk van Springety en Fortuin.Dankie vir al die moeite…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Desember 2016
M T W T F S S
« Oct    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: