Maanschijnbaai Jo & Sue Die Maanschijnbaai-tweeluik!

Beskikbaar onder meer by:

Graffiti:

http://www.graffitiboeke.co.za/index.php?page-id=book&book-id=13787&title=Maanschijnbaai+Jo+%26+Sue

http://www.graffitiboeke.co.za/index.php?page-id=book&book-id=14288&title=Maanschijnbaai+Nan+en+Jeannie

Kommentaar op kalahari.com:

5 out of 5 Maanschijnbaai

Ek het die reeks baie geniet. My suster het die eerste boek vir my gegee, nadat sy dit gelees het, wetende dat ek nie n groot afrikaanse leser is nie. Ek het dit egter so geniet dat ek die tweede boek ook gekoop het, en nou besig is om een van Chanette Paul se ander boeke te lees. Ek kan dit regtig aanbeveel, die taalgebruik en karakters is eg mens en die storielyn is interessant. ‘n goeie koop.

JazzbabzMaanschijnbaai Nan & Jeannie

Albei is beskikbaar as e-boek  op amazon by:

http://www.amazon.com/Maanschijnbaai-Jo-Sue-Afrikaans-Edition-ebook/dp/B00LLDZ0ZK/ref=pd_sim_kstore_4?ie=UTF8&refRID=153HP2TS587SYCTTATHT

http://www.amazon.com/Maanschijnbaai-Nan-Jeannie-Afrikaans-Edition-ebook/dp/B00LLDZ7VW/ref=pd_sim_kstore_1?ie=UTF8&refRID=0MV15PFM0Z4NSBWWWZ5S


32 Responses to “Maanschijnbaai”


  1. Julie 12, 2012 om 3:09 nm

    Ek het sopas my kopie bestel en kan nie wag dat dit afgelewer word nie! So so opgewonde!! Sien uit daarna. Ek’s nog besig om die Daveltjies te lees… En ek love dit!

  2. 3 Jolandé Scheepers
    Augustus 13, 2012 om 3:44 nm

    Ek het gisteraand Joe & Sue klaar gelees. Oeee….dis so lekker om so goeie boek te lees! Ek het dit vreeslik geniet en tel die dae af tot Oktober vir Nan & Jeannie! Jou karakters is so eg, mens geniet dit vreeslik om deel te word van hulle stories! En die spanningslyn was weer baie goed! Ek hou ook daarvan dat dit nie die geykte resep van ridder op die witperd is wat al die heldin se probleme oplos nie🙂 Dis realistiese probleme en omdat jy so goed navorsing doen altyd leer ek in elkeen van jou boeke baie!

    Baie geluk met nog ‘n treffer!

    NS Wat is die moontlikheid van einde Sept vir Nan & Jeannie?😉

    • Augustus 13, 2012 om 3:50 nm

      So lekker om te hoor die wilde meisiekinders en hulle probleme is vir jou eg en jy raak deel van die stories. Baie dankie! Ek reken vroeg Oktober sal dalk meer haalbaar wees, maar kom ons hou duimvas. Ek sal hier op die blog laat weet en ook in my nuusbrief. Mooi bly!

  3. 5 Marijke Greeff
    Augustus 22, 2012 om 12:32 nm

    Ek sit sommer en gorrel hier op die internet en kom toe op jou blog af. Gaan dadelik Maanschijnbaai vir my bestel. Het nie eers geweet daar is ‘n nuwe Chanette Paul uit nie. Ek beleef so ietwat van ‘n krisis wat als wat skryf en boeke betref. Vermy dit sover moontlik … druk my kop in ‘n gat soos ‘n regte volstruis.
    Groete.
    Marijke

    • Augustus 22, 2012 om 12:38 nm

      Marijke! So lekker om van jou te hoor. Ek hoop jy geniet die Calitze. Die goeie nuus is dat die tweede boek, Nan & Jeannie, binnekort volg.
      Ek het onlangs nog gewonder wanneer ons weer ‘n boek van jou gaan sien. Ek hoop daardie koppie lig sommer gou uit die sand uit en dat ons weer binnekort iets van jou te lese kry. Daar is darem min skrywers wat ‘n bladsy so kan laat stoom soos jy. Baie sterkte!

  4. 9 Engela
    November 5, 2012 om 6:46 nm

    Nou ja, wat kan ek sê? Welgedaan! Het die twee boeke baie geniet! Die spannings ellement in albei boeke is om jou naels af te kou, tot jy weer tyd kry om verder te lees? Die karakters is so eg…..’n mens kan met elk van hulle op sy eie manier vereenselwig? Sue is Sue…..die beste is, ek ken regte Sue-karakters en die taal is nodig om geloofwaardigheid aan haar karakter te verleen? Hoe nader ek aan die einde van die boek kom, hoe stadiger lees ek…..eintlik in ‘n twee stryd, want ek is ook nuuskierig om te sien wat gebeur? Nou wag ek vir my Laberint in die pos!

  5. 11 Latetia
    Januarie 2, 2013 om 3:04 nm

    Hi Chanette, mensmaar ek het my omtrent ingeleef saam met Jo & Sue. Voel amper of jy in jou motor wil spring en die plek gaan soek. Jy sal dit nie glo nie maar ek het deurnag gelees. Kon dit net eenvoudig nie neersit nie. Gaan nou onmiddellik met Nan & Jeannie begin. Ek kan my net indink hoe jy dit geniet het om hierdie twee te geskryf het. Lekker dag

    • Januarie 4, 2013 om 2:13 nm

      So bly jy het Jo & Sue geniet, Latetia! Hoop dieselfde geld vir Nan & jeannie. Skuus dat ek nou eers jou kommentaar plaas, maar ons het sedert die 26e vanweë die brande nie internet gehad nie.

      • 13 Latetia
        Januarie 4, 2013 om 3:13 nm

        Alles reg ek het gister gehoor dat dit so verskriklik erg daar by julle gebrand het. Ek kannie eers begin om dit dink hoe skrikwekkend dit moes gewees het nie. Lekker dag

      • 14 Latetia
        Januarie 11, 2013 om 11:50 vm

        Hi daar, so hartseer dat Nan & Jeannie klaar gelees is. Mensig maar dit was net so lekker om te lees. Baie dankie vir jou wonderlike verbeelding en wat ‘n storie amper so waar laat voel. Lekker dag

  6. 15 Bets Smith
    Januarie 8, 2013 om 3:33 nm

    Hi daar! Ek het die Calitze vir my ma gekoop vir Kersfees (sy is 84 en lees manies). Sy leef haar gewoonlik heerlik in die lewens van enige lekker boek se karakters in en praat naderand van hulle asof hulle familie is. Dis presies wat nou met die Calitze aan die gebeur is. Sy wil die slette nie saans saamneem bed toe nie (sy lees tot 1 uur) want sy is bang die boeke beskadig as sy dalkies aan die slaap raak en die boek val. Maar so deur die loop van die dag verslind sy die storie. Ek kry tweeweekliks verslag van die karakters se doen en late en die vordering met die huisrestaurasie. Man, ek hoop die vier slette hou haar nog ‘n hele rukkie besig.

    • Januarie 9, 2013 om 7:59 vm

      Ag, dis so lekker om te hoor, Bets! My ma sou in Februarie 85 geword het. Sy is nou amper 4 jaar oorlede maar ek onthou nog goed die entoesiasme in haar stem terwyl sy met my oor die Daveltjies gesels het. Sy kon ook so oor die karakters praat asof hulle mense is. Ek wonder wat sy van die Calitze sou gemaak het, maar ek glo sy sou dit ook geniet het.

      • 17 Bets Smith
        Januarie 9, 2013 om 2:50 nm

        Verseker sou sy. Sy ken dalkies al hul ins and outs omdat sy by was met die skryfproses. Jy is tog mos haar kind, selfs daar bo weet sy van als, glo ek.

  7. 18 susan
    Januarie 12, 2013 om 3:35 nm

    ek het so pas die twee boeke gekry ,kan nie wag om te begin lees nie.!!!!!!!!!!!!!!!!!

  8. 20 Franie
    Januarie 28, 2013 om 6:41 nm

    Ek sal nog bankkrot gaan. Moet eenvoudig net jou boeke besit. Nie leen of uitneem nie; Nee! Besit! Dankie vir jou wonderlike werk wat ons so kan meevoer in ander wêrelde in.

  9. Mei 25, 2013 om 1:44 nm

    kan nie dink ek het 2 boeke al ooit so geniet nie….

  10. Mei 29, 2013 om 7:34 vm

    Yes!!! Ek het nou altwee in hierdie reeks gekoop. My tone krul behoorlik …. kan nie wag om te begin lees nie! Lekker skryf.

  11. Maart 2, 2014 om 9:58 nm

    Hi Chanette, ek het Donderdag boek 1 begin lees en nou net klaar gemaak met boek 2. Lanklaas tot 3uur in die oggend gelees🙂. Ek kon net nie die boeke neersit tot dit klaar was nie. Het dit baie geniet!

  12. 28 Ansunette
    April 23, 2014 om 8:25 nm

    Hallo Canette

    Ek het so pas Maanschijnbaai 1 en 2 gelees.

    Asb skryf vinniger. Ek is mal oor jou boeke! En het al jou ander ook al gelees.

    Lekker skryf

  13. 30 Karien van Rooyen
    Junie 10, 2014 om 10:59 vm

    Heerlik gelees aan Maanschijnbaai tweeluik. Alweer my familie afgeskeep! Kon soos gewoonlik met jou boeke, dit nie neersit tot dit klaar was nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 148 other followers

Desember 2016
M T W T F S S
« Oct    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Chanette op Facebook


%d bloggers like this: